12-jarige sterf by gewilde vakansieoord

Die rotspoel by Nkwe Pleasure Resort. Argieffoto: Via nkwepark.co.za

ʼn Rotspoel by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria het Maandag die lewe van nog ʼn besoeker geëis.

Die polisie het bevestig ʼn 12-jarige meisie is by die Nkwe-oord naby Tierpoort dood toe sy glo in ʼn rotspoel naby ʼn piekniekarea in die oord ingegaan het om haar kleiner sussie te red wat in die moeilikheid beland het.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het toe ook in die water in die moeilikheid geraak. “’n Lid van die publiek het ingespring om te help, maar net die een kind kon opgespoor en gered word,” het Makhubele gesê.

Volgens inligting op sosiale media het omstanders solank as ʼn uur gesoek vir die meisie se liggaam sonder professionele hulp.

“Daardie wonderlike mans wat gehelp het (waarvan drie van hulle my kêrel en sy twee vriende was) is huis toe met uitputting, skraapmerke, hartseer, skuldgevoel, woede, frustrasie en teleurstelling. ʼn Kennisgewing alleen is nie genoeg veiligheidsmaatreëls om so ʼn verlies te voorkom nie,” het iemand op die oord se Facebook-blad gesê.

Nkwe-oord het op dié inskrywing geantwoord: “’n Absolute tragedie. Ons diepste medelye aan Jabulile se familie en dankie aan almal wat gehelp het.”

Maroela Media kon ondanks talle telefoonoproepe en boodskappe nie daarin slaag om kommentaar oor die voorval van Nkwe te kry nie.

Makhubela het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodondersoek.

Die 12-jarige meisie se dood kom nadat ʼn 24-jarige man in Maart verlede jaar by dieselfde oord gesterf het toe hy van rotse af in ʼn rotspoel gespring het. Maroela Media het vroeër berig Ephraim Tshabalala (24) van Soshanguve, noord van Pretoria is in Maart 2017 dood toe hy vermoedelik sy nek gebreek of ʼn kopbesering opgedoen het toe hy iets getref het.

Dr. Hennie Annandale, eienaar van die oord, het kort ná hierdie voorval aan Maroela Media gesê die rotspoel is ʼn gewilde besoekpunt en piekniekplek aangesien dit ʼn natuurlike formasie langs die rivier is. “Daar is duidelike kennisgewings by die watergat aangebring wat mense waarsku dat hulle op eie risiko daar swem,” het Annandale destyds gesê.

Hy het toe gesê daar het al voorheen mense in die rotspoel verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

HELP ·

HOEVEEL kinders en tieners en volwassenes en studente is nie al dood by NKWE nie? Asb kan iemand asb vir ons die statistieke trek. ‘n Vriend van ons se 18 jarige seun is daar dood jare gelede, hy sou nou in sy laat twintigs gewees het. Hy het ook “iets getref” nadat hy ingeduik het. IS HIERDIE ROTSPOEL nog veilig vir duik? Hoekom word duik dan nie heeltemal verbied nie? Hoekom nie ‘n lewensredder aan diens plaas nie? Hoeveel jongmense se lewens moet nog opgeoffer word vir NKWE rotspoel??

Lientjie ·

Daar is ‘n BAIE DUIDELIKE kennisgewing wat se jy swem op eie risiko. Trek bietjie statistieke hoeveel mense in die see verdrink en dan is daar lewensreddeers of wil jy he hulle moet die strande ook toemaak sodat die mense nie in die see swem nie?? As jy nie kan lees nie of daar is nie ouer toesig nie is dit nie die oord se verantwoordelikheid nie. Mense moet leer om bietjie “pa” te staan vir hulle nalatigheid.

Alwyna ·

Mense verdrink oral. Tot in kompleks swembaddens. Moet daar ook ‘lewensredders’ wees?

Gerrie Ferreira ·

Daar sal net soveel mense daar seer kry of verdrink as wat daar mense is wat kanse vat. My dogter en ekself het daar afgespring op MY eie risiko. Jy kan nie die eienaar daarvoor blameer as jy ‘n kans vat of nie jou ore oop maak nie. Hoekom moet hulle nou ‘n polisiemag aanstel om te kyk dat hulle hulleself gedra?

G ·

Hoeveel moet nog sterf voor die oord iets daaromtrent gaan doen? Lewensredders?

Andre ·

Lientjie ek stem saam jou. Dit is ook so dat die mens ook blaam wil plaas dalk net om hul gewete te sus…. ek weet nie. Wat ek wel weet is waar my GENADE van kom.

judycupcake ·

Dit is in die 1st plek nie swemplek vir kinders nie en waar is die ouers?

Hendrik ·

Miskien is dit tyd dat Nkwe toesighoudende lewensredders aanstel. TALLE sterftes het al by Nkwe voorgekom en miskien is dit net nodig dat die besoekers(soos by gewilde vakansieoorde) gelei moet word waar potensieele gevare is. In geval van Nkwe die waterval en poele. Komaan Dr!

Lientjie ·

Ek dink dis tyd dat hulle die strande ook sluit sodat die mense nie in die see kan swem en verdrink nie, met lewensredders en al!

Danie ·

Die tragiese probleem is dat jy al die beste veiligheidsreëls en toerusting in die wêreld kan hê, maar as die mense by verstek die reëls ignoreer help dit niks. Ek het weer (ongelukkig weer) die vakansie gesien hoe mense doodeenvoudig rondom en oor versperrings klim omdat hulle wil (wanneer jy hulle daarop wys). Maak nie saak hoe gevaarlik dit is nie. Wat dit verder tragies maak is dat kinders hulle dan blindelings volg. Die gevolge is ongelukkig baie kere noodlottig vir kinders.

Deon ·

Ek dink dit is omdat elke persoon deesdae alles wil doen!!! Hou by jou tradisie.
Ek gaan ook nie by berge wil afski net omdat ek sien die Oostenrykers doen dit nie!

Hans ·

net vir die sê wat die oord nou wil kruisig en verantwwordelik wil hou. Ons as gesin gaan ook daarheen en kinders hou daarvan om daar te swem en te spring. Ek sit onder kyk dat hul veilig is. Mens moet ook natuurlik kyk na die watervlak. Al die kan in n normale swembad by die huis ook gebeur en daar is nie lewensreddes nie. Ons as ouers en groot mense moet ophou om die verantwoordelikheid op ander mense af te skuif. Al baie gesien hoe van die ouers daar sit en drank gebruik en kuier en die kindrs is die hele plek vol. Neem verantwoordelikheid vir jou besluite. Ook terreg wat ander al gesê het moet dan ook nie in jou motor klim en by die erf uitry nie of nog te meer uit loop nie want dit is net so even eens gevaarlik.

Lindie ·

Ja dit was baie erg om dit te aanskou. Ek het op n klip gesit reg langs die plek waar sy verdrink het. Dit het geklink soos n sinker wat in die water val en die volgende oomblik het n ou ingespring en die meisie met die groen klere gered. Sy het ook redelik baie water gesluk en hulle het haar dadelik gehelp en sy het vreeslik gehuil. Die ou wat haar uitgehaal het, het geskree daar is nog 1 met geel klere aan. Die manne het rond geswem en onder gegaan so ver hul kon. Al die kinders was weg gestuur van die gat af. Na so 50 – 60 min se soek het n ou haar gekry. Hulle het gespook om die water uit te kry en cpr vir omtrent 45+ min gedoen en hulle kon haar nie red nie. Ek sal nie my grootste vyand so iets toewens nie. Was n bitter hartseer ding om te aanskou. RIV meisie en sterkte aan die familie.

Mich ·

Lindie … het die meisiekind van die rots afgespring voor die voorval ? Of het sy ingeval? Ons was so rukkie terug by Nkwe en ons het gesien hoe ‘n mamma by die rotse sit en toelaat dat hulle babatjie alleen onder rondloop wat nog in doeke was … toe ons weer kyk … dryf ‘n hoedjie op die water en die ma kom aangehardloop en trek die baba uit ! Ons het toe eers besef dat die babatjie ingeval het sonder dat ons iets hoor ! Gelukkig was die mamma vinning genoeg by die water! Ek dink soms mense kyk so na die mense wat afspring dat hulle soms nie oplet op hulle eie kindertjies wat om hulle rondbeweeg nie !

Lizelda ·

Ek vra myself ook nou… Hoeveel mense gaan nog hier Mt Hulle lewe boet?

marlene ·

Dit is NIE ‘n swemplek nie! Dit is duidelik op al die borde. Dis nie die oord se skuld nie. Almal wat geswem het kon lees.

Peet ·

In hierdie land steur niemand hulle aan reels nie en gerieflik sien ook nooit kennisgewing borde nie. Hoekom moet reels afgedwing word. Ouers moet na hulle kinders omsien by einge plek waar daar water is, maar hulle kuier of slaap eerder iewers onder n boom of iets. Blameer julle self en nie die oorde se bestuur as kinders iets oorkom.

Gerrie Ferreira ·

Daar sal net soveel mense daar seer kry of verdrink as wat daar mense is wat kanse vat. My dogter en ekself het daar afgespring op MY eie risiko. Jy kan nie die eienaar daarvoor blameer as jy ‘n kans vat of nie jou ore oop maak nie. Hoekom moet hulle nou ‘n polisiemag aanstel om te kyk dat hulle hulleself gedra?

Kietie-Kat ·

Het ook gister die hartseerdag beleef. Voor die treurspel het verskeie jongmanne van die rotse af in die poel gespring en hulle kon swem. Ek vra myself die vraag af of die twee dogters kon swem. Die watergat is bedrieglik want die water is nie helder soos n swembad sin nie. Ek verstout my as ek se dat daar geen waarskuwingsborde by die watergat aangebring is nie, slegs by die ingang is daar borde wat aandui dat besoekers die oord op eie risiko besoek. Ek sou voorstel dat die oord die nodige waarskuwingsborde aanbring sowel as opgeleide lewensredders te alle tye teenwoordig moet wees aangesien dit n gewilde en baie netjiese oord is met netjiese fasiliteite.
Die dogter was saam met haar vriendin en die vriendin se gesin vir die dag by die oord. My hart gaan uit vir haar ouers sowel as haar vriendin en die se ouers. Ek bid hulle almal sterkte toe in die tyd wat voorle. Voor die tragedie was daar n baie gesellige atmosfeer onder die besoekers maar die gedempte atmosfeer daarna was voelbaar. Dankie aan elke lid van die publiek en paramedisie wat tot op die einde toe nog probeer en geglo het die dogter sal dit maak.

Thessa ·

Maak die plek toe by is onveilig. Laat hulle hom safe maak voordat hy weer oop gemaak word. So baie mense in hartseeer wat Jul ondersteun en laat geld maak nou is dit tyd om die geld wat gemaak word terug te sit in bedigheid en die plek veilige maak vir mense. So maak hom toe tot dit gebeur

Anoniem ·

Thessa moet hulle nou alle paaie in die land ook toemaak en dit eers veilig maak voordat ons dit mag gebruik. Jy laat my lag jou en my lewe is elke dag onveilig, n motor kan jou dood ry, weerlig kan jou doodslaan, kaapers kan jou doodskiet, of gaan jy die Here ook vra om die hemel toe temaak totdat Hy alle winde en oorstroming eers gaan veilig maak. Word wakker en se eerder dankie dat jy elke dag leef en geniet dit tot jou eie uur aangebreuk het

Hans ·

Ek het al komentaar gelewer. Ek stem saam methenlou, daar is borde wat duidelik sê dit is nie n swemplek nie en as jy daar swem doen jy dit op eie resiko. dit is n natuurlike plek en nie so gebou nie. so ja kom almal neem sy eie verantwoordelikheid en hou op om dit op ander af te smeer. ek is nou nie n regsgeleerde nie tog reken ek dat met al die kennisgewings by die hek waar jy inry en by die poel water is dit duidelik nie die intensie van die die oord dat daar geswem word nie. sit rustig en aanskou die natuurskoon met die natuurlike waterval en poel wat daar is.

Jankees ·

Amen. In n Eerste Werelds land sal jy NOOIT n kennisgewing sien ” op eie risiko”

Naas ·

Die oord se amptelike webblad het die volgende uitnodiging om in die rotspoel te spring/duik : “A quick plunge in the rock pool will cool you down in a flash on those sunny Gauteng days !” Verder is daar ‘n foto wat wys hoe daar in die ding geswem word. Die kommentare oor reëls wat nie nagekom is nie en allerande kennisgewings wat swem blykbaar daar verbied kan nie reg wees nie.

verwaande yank ·

Elke pretpark regoor die wereld het sulke borde op. Dan weet daar is ook sulke borde by dinsney land op, of is dit nou nie in n eerste werleds land nie? Vra maar net yank…………

Anoniem ·

Nou wil almal die plek toemaak. Hoekom? omdat ouers nie vearantwoordelikheid wil aanvaar, omdat mense wat nie kan lees of kan swem daar gaan swem. Se my as ek n bad vol kook water tap en ek sit n kennisgewing daar Jy badop eie verantwoordelikheid gaan jy daar in bad. Hoeveel mense swem in die Limpopo wetende dat daar krokodille is. Komaan mense word groot mense verdrink enige plek selfs in hul bad. Neem verantwoordelikheid vir jul aksies asook die van jul kinders

Dis so tipies ·

Sjoe as ek na die deursnee kommentaar van die Afrikaners hier kyk, moet ek sê verstaan ek hoekom die land in die gemors is wat hy is. Geen oplossings word gebied vir talle mense wat hulle lewens verloor het nie, eerder simpel opmerkings en geen simpatie met die oorledenes en naasbestaandes nie. Die slagoffers word altyd blameer. Kan nie glo dat mense so ongevoelig jeens ander se kinders is wat verdrink het nie .. daar het TALLE mense al daar verdrink, as dit nie bedoel is vir swem nie .. SPAN DIE PLEK toe dat niemand daar kom nie .. die bordjies help niks nie .. regtig die ou ‘sluit die strande ding’ van Lientjie en Danien se bad met kookwater weerspieel net hulle mentaliteit en diegene s’n wat met haar saamstem. LEKKER SWEM daar, en ek hoop julle kinders gaan GOU soontoe vir ‘n lekker uitstappie, dan sien ons weer julle kommentaar. Dan is dit seker die REGERING se skuld. Damien? Regtig? Kookwater? Julle is sieker as wat ek gedink het. Geen simpatie vir oorledenes, is besig om soos passers te redeneer oor strande en kookwater en krokodille, die hemele weet dit is hoekom SA ten gronde gaan, nie oor die ANC nie.

Hans ·

Ek dink dis eerder mense soos jy wat almal en alles wil blameer vir wat fout gaan en nie jou eie skuld of fout wil erken of die verantwoordelikheid vat daarvoor nie. Nee ons is nie ongevoelig teen oor die wat sterf op watter wyse ook al nie. Dit gaan vir my oor die wat die oord aanval en wil maak of dit hulle skuld is. Ek weet nie en kan nie sê wat daar gebeur het nie want ek was nie daar nie. Ek ka net uit my eie ondervinding praat van die lieflike plek en natuur wat daar is. Dit gaan vir my daaroor. Nou moet die plek toe gespan word en mense soos ek moet nou die natuurskoon duer draad aanskou. So kom ons vat elkeen sy verantwoordelikheid en tree so op ook. Ek het niks teenoor die gesê wat gestref het, behalwe om vir die soos jy wat die plek die skuld wil gee en die plek wil toe maak of toe span utitgewys wat werklik daar aangaan. Weet nie of die wat so kla oor die plek al ooit daarwas of nog meer eers weet waar dit is nie.

Karin ·

Hoekom moet ons altyd iemand blameer? n Kind is dood. Baie dankie aan die manne wat wel probeer het om haar lewe te red.

E.K. die eerste ·

OUERS: Net soos jy jou kind van heel kleins af leer om met ‘n toe mond te kou, nie met ‘n mondvol kos te praat nie, neus te snuit as hy loop so is dit ook jou PLIG om jou kind van so vroeg moontlik te leer swem. Kinders word aangetrek tot water. Kinders het al in plassies water verdrink – dit het niks met die poel die diepte van die water, die kanse wat party vat of bordjies al dan nie, of wat ookal te doene nie. Ongelukke gebeur maar minstens as jou kind kan swem kan hy/sy homself/haarself help. Myne het op 5 en 3 saam geleer swem by ‘n professionele persoon. Al gaan jy nooit see toe of nooit na so ‘n oord nie, ‘n maatjie het dalk ‘n swembad of die kinders stap in die veld/plaas en daar is ‘n dam. Leer jul kinders swem!

Kits ·

Borde is daar, ek was al BAIE by Nkwe, lees en gehoorsaam die reels, baie eenvoudig.

Anoniem ·

Aan die mense wat die 2de kind gesoek en probeer bybring het: moet julle asb nie kasty oor haar dood nie. Julle het aanhou soek tot julle haar gekry het, en lank probeer om haar weer by te bring. Julle het julle bes probeer, en alles gedoen wat menslik moontlik was. Baie dankie daarvoor.

Rudolf ·

Ek eis dat die plek toegemaak word
My dogter het twe jaar gelede haar enkel hier gebreek
Mens kan net jou hande saamslaan vir die veilighied by die oord

Ondersoek asb

Leeu ·

@Rudolf, ek’t my been gebreek op die N12, ek eis dat die pad toegemaak word. Dan moet elke strand in die wêreld ook toegemaak word, Sun City ook, alle swembaddens toegegooi word en en en. Ek was al 80+ keer by Nkwe en makeer niks, volg die reels en jou eie verstand.

Jonno ·

Tipiese Saffa houding in hierdie kommentaar, vind direk die fout van die oorledene. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.