12-jarige van Klerksdorp sterf ook ná botsing

Aimeé Janse van Rensburg. Foto: Facebook

Die 12-jarige Aimeé Janse van Rensburg van Klerksdorp in Noordwes wat kritieke beserings opgedoen het in die grusame botsing wat die lewe van ʼn 15-jarige seun geëis het, het aan haar beserings beswyk.

Sarita Botha, Aimeé se ouma, het haar kleindogter se dood aan Maroela Media bevestig. “Ons liefste Aimeé is veilig by Jesus. Geen gebreke of pyn meer nie. Dankie Abba Vader vir die 12 jaar wat U haar vir ons geleen het,” het Botha in ʼn teksboodskap gesê.

Aimeé, ʼn graad 6-leerder van Laerskool La Hoff, was saam met haar twee vriendinne, Rilanka Nieuwoudt en Lenike de Beer, in die voertuig. Rilanka se broer en suster, Hernus en Helouise, asook ʼn vriend van Hernus, Marchand Nel, was ook in die voertuig.

Hernus, Helouise en Marchand was almal saam in Graad 10 in Hoërskool Klerksdorp.

Maroela Media het vroeër berig die ses kinders was insittendes in ʼn voertuig wat Vrydagaand in ʼn botsing met ʼn vragmotor betrokke was. Die kinders was glo op pad terug van die Matlosana-winkelsentrum waar hulle Rilanka se verjaarsdag gevier het.

Hernus het kritieke beserings opgedoen en het later in die hospitaal gesterf. Rilanka is ook in die waakeenheid opgeneem waar sy tans in ʼn ernstige maar stabiele toestand is. Laerskool La Hoff het vroeër in ʼn plasing op hul amptelike Facebook-blad gesê Rilanka het verskeie breuke en inwendige beserings opgedoen, maar is wakker en kan met haar familie praat.

Volgens die skool is Lenike ná die ongeluk met verskeie breuke in ʼn gewone saal opgeneem. Klerksdorp News berig Helouise en Lenike is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by die huis aan. Volgens die berig is Marchand in ʼn stabiele toestand in die hoësorgeenheid van die Wilmed Park-hospitaal.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die aanvanklike saak van roekelose en nalatige bestuur nou na strafbare manslag verander is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

SNEL ·

Ai, my hart is stukkend vir hierdie mense. So gehoop almal herstel nou mooi in die hospitaal. Al wat ek kan sê is; alle sterkte deur hierdie moeilike tyd vir almal geraak hierdeur. Sal jul opdra in gebed en mag die Here julle dra, krag gee vir die pad wat julle nou loop en julle omvou met Sy liefde.

ERIKA ·

Rus in Vrede. :(

Ons Harte is bitter seer vandag. Mag jy in vrede by Liewe Jesus se voete rus pragkind.

Nadia ·

age neee!!! ek het so geglo almal sal herstel. baie sterkte aan die familie.

Bosbokkie ·

Dit is baie hartseer. Wat het met die bestuurder gebeur?

Gesiggie ·

My Innige meegevoel aan die Ouers wat deur al die seer moet gaan – ek kan myself net indink hoe stukkend hul moet wees… wat vir my die mees onstel, is dat hul n maaitjie se verjaarsdag gaan vier het, toe die ongeluk gebeur het… een oomblik was hul almal nog saam en het gelag en gesels… en nou is 2 van die maats oorlede…. kan net dink hoe ongelooflik erg dit vir Rilanka en haarouers moet wees… die lewe is so kort en kosbaar en ons moet elke dag al ons Liefde aan ons kinders bewys, want n mens weet nooit wat kan gebeur.. ek gun die seer vir geen ouer… an hierdie Mamma en Pappa en aan Ouma… mag Jesus jul styf vashou deur die tyd… so so jammer vir wat gebeur het RUS IN VREDE ENGEL KINDERS

Linda ·

Twee sulke pragtige kinders tragies in die fleur van hul lewens weg geruk. Rus in vrede by Jesus. Sterkte aan die families wat met hartseer agter bly.

Lee ·

Ai dis so hartseer. Baie sterkte aan die ouers die die verskriklike moeilike tyd. Rus Sag Engelkind!

Klerksdorper ·

Mense, Mense….
Die media en mense se kommentare kan glad nie al die ware feite deur gee nie.
Kom na Klerksdorp doen jou eie ondersoek en as jy al die feite het gooi dan klippe en lewer ongevraagde en onsensitiewe kommentaar.
BID eerder vir die ouers, familie en vriende wat in rou gedompel is.
Ek weet die ouers verdien glad nie hierdie gekibbel op die media nie en hoop ook nie dat hulle dit ooit sal lees nie.

Feite ·

??? Wie gooi klippe??? Ek sien meestal net medelye en goeie wense. Die gebeure is absoluut tragies en hartverskeurend. Mag almal betrokke krag en vertroosting vind. Sterkte en spoedige beterskap aan al die beseerdes.

Linda ·

Se Maar Net die seun wie oorlede is se Mamma het die Toyota Suv bestuur. Die robot se pyltjie was groen in haar guns, toe kom n trok van die tenoorgestelde rigting en ry binne in hul motor. As jy fotos van daardie SUV sien, sal jy nie glo enige mens kon lewend daaruit gekom het nie. Ek verneem dat blykbaar het die Maatskappy aan wie die trok behoort na videos gekyk en verantwoording aanvaar.

Linda ·

Kyk aanlyn op die Citizen koerant se berig, daar is n foto van die SUV

Se Maar Net ·

Klerksdorper dankie vir die opklaar.
Baie tragiese ongeluk. Bid God se vertroostig vir al die gesinne betrokke.

MARLENE ·

Vrydag, 20 Julie was Aimee se verjaarsdag (op die dag van die ongeluk) en 19 Julie was Rilanka se verjaarsdag. Hul het hul verjaarsdae saam gaan vier by die Mall.

Ons kan net bid vir hierdie ouers vir vertroosting en berusting. En ook vir Rilanka en Marchant wat nog ‘n lang pad na herstel het.

Vrawgmotormoordenaar ·

As die vragmotorbestuurder nalatig bestuur het moet hy en sy ewerkgewer, wat veronderstel was om die vragmotor te monitor, swaar gestraf word.

LVH ·

Hierdie is so tragies! Hartseer!
Maar stem nie saam dat die eienaar van die trok swaar gestraf moet word, soos jy noem. Al sou die eienaar die trok monitor (en wie se hy doen nie??) kan hy nie verhoed dat sy drywer deur rooi gaan nie. Die eienaar gaan nou moet opdok vir ‘n baie nalatige bestuurder.

VanAfrika ·

Van n moeder wat weet, my hart gaan uit na julle, ek is so jammer om te hoor van julle verlies. Mag die Heer julle dra in die hierdie hartseer tyd, mag Hy julle berusting gee vir al die vrae wat julle nog gaan vra, troos gaan kry in die tyd waar al die groot gemis nog vir julle gaan kom kuier, vier hul verjaardae met n koek en n kersie, sing n kerslied vir hulle op kersdag, huil saam en ondersteun mekaar, moet dit nooit alleen doen nie want in so n tyd raak families verwyder van mekaar en dan kom jy vining agter jy huil alleen. Verhoed dit. My innigste simpatie aan julle almal.

JeanAustralia ·

?ai my hart seer vir jul almal…Mag die Here jul almal dra…

Yankee ·

Ja, die Heer sal dra. Die pyn kan slegs JY dra, niemand anders, niemand!! Maar my vraag, waarom is daar meer sterftes, blatante padverbruik, moordadige spoed, dronkbestuur in Suid -Afrika as enige ander Land ter Wereld. Waarom???

Vicky Alberts ·

Absoluut hartseer saam met al die betrokkenes……Dis ondenkbaar om te dink dat in n oogwink soveel mense se lewens veraltyd verander is. Rus sag mooiste kindjies,en raak gou beter aan die kinders en die Mamma wat seer gekry het. Mag julle geestelik en liggaamlik herstel van hierdie tragedie. xxx

EP ·

Baie sterkte aan die families in hierdie moeilike tyd? Die probleem is dat padreels net geld vir sekere mense. Ek sien daagliks hoe bestuurders oor rooi verkeersligte ry.

kas ·

Linda,as die maatskappy waaraan die trok behoort verantwoordelikheid aanvaar het kan hulle aanspreeklik gehou word virverskeie eise.Mense wat kommentaar lewer moet egter nie vrederegter speel nie.Die bestuurder moes die oposet gehad het om moord te pleeg, eers dan kan hy vir moord aangekla word anders is dit strafbare manslag hoe hartseer dit ookal is.

Willie ·

Mens lees die trane in jou oe…. baie hartseer en jammer vir julle…

zunette du toit ·

Spoedige herstel aan die outjies wat beseer is – aan die ouers wat so seer het deur hulle kinders wat weggeneem is van hulle mag die Liewe Vader vir julle vertroosting bring in die swaar tye.

Jans ·

Bring die wetgewing terug waar swaarvoertuie nie na 6 in aand en voor 6 in oggend op paaie mag wees nie. Dit sal nie net die honderde padsterftes voorkom nie maar ook weer Transnet laat herleef en duisende werksgeleenthede skep. Die miljarde rande om die paaie te herstel wat die trokke so uitry sal ook van die verlede wees. Kom ons begin hierdie inisiatief ter nagedagtenis van hierdie pragtige kinders. Sterkte en God se liefde aan al hierdie kinders en hulle families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.