12-jarige vas oor vuurwapen

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn 12-jarige seun in hegtenis geneem nadat ʼn vuurwapen in sy besit gevind is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun en 16 ander verdagtes is die naweek in Uthungulu, naby Richardsbaai, in hegtenis geneem tydens klopjagte in die gebied. Zwane het gesê daar is ʼn 9 mm-pistool met skerp ammunisie in die seun se besit gevind. Die seun het glo aan die polisie gesê dit is sy pa se vuurwapen. Volgens Zwane is die pa ook in hegtenis geneem.

Die ander verdagtes is in hegtenis geneem onder meer op aanklagte van moord, diefstal, dwelmbesit en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Zwane het gesê al die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Mmaomonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê al die vuurwapens waarop beslag gelê is sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoer van enige misdade gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

irene ·

Soe my man moes wag vir lisensie en moes gaan skiet a kluis gehad het kyk nou 12 jaar en loop so rond oralste het die rowers vrylik ammunisie waar witd die streep dan getrek en vir wie

SNEL ·

Irene, ek verstaan presies wat jy sê en dis n goeie vraag, vir wie tel die wette nou eintlik in ons land. Dis ook belaglik hoe lank mens moet wag vir jou vuurwapenlisensie as jy aansoek gedoen het. Ons moet seker dankbaar wees dat die polisie darem opgetree het teenoor die pa en seun en hulle nie net gelos het nie, dis eintlik verbasend dat hulle gevang is.

Jan ·

Ek wonder nou wat is die ‘skerp’ ammunisie waarmee die seun gekry is. Is dit ‘n term vir lewendige rondtes, rondtes anders as rubber koeëls maw wat bedoel is of dodelik te wees, of verwys dit dalk na hol-punt koeëls (sg. hollow-points ) ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.