12-jarige vermis na Kaapse Klopse-parade

Kaapse Klopse tydens Saterdag se parade in Kaapstad. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Kaapse Klopse tydens Saterdag se parade in Kaapstad. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die polisie en Missing Children South Africa is op soek na Justin Lee Jacobs (12) wat sedert Saterdag vermis word nadat hy ʼn Kaapse Klopse-parade in Belhar bygewoon het.

Volgens Michelle Knowles, ʼn woordvoerder van Missing Children, het Jacobs bruin oë, swart hare, tande wat effens uitsteek en hakkel hy ʼn bietjie.

Hy het ʼn blou T-hemp, driekwart denimbroek en blou denimtekkies aangehad toe hy die laaste keer gesien is.

Mense wat hom sien, kan Missing Children by 072 647 7464 bel.

Justin lee roberts

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.