12 keer lewenslank vir ‘Tembisa-monster’

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

ʼn Reeksverkragter van Tembisa, Gift Mkhwanazi, is 12 lewenslange vonnisse plus meer as 300 jaar opgelê in die Johannesburgse hooggeregshof. Dit volg ná ʼn rits verkragtings in en rondom Tembisa tussen 2013 en Junie 2019.

Phindi Mjonondwane, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Mkhwanazi, wat as die Tembisa-monster bekendstaan, het tereg gestaan op 104 aanklagte van onder andere verkragting, ontvoering, die rig van ʼn vuurwapen, roof met verswarende omstandighede, aanranding en poging tot moord.

“Die SAPD het meer as 19 dossiere gehad met dieselfde modus operandi. Vroue is in die aand of vroegoggend in die straat aangeval. Die vroue kon nie die oortreder uitken nie, omdat hy hulle van agter aangeval, ʼn vuurwapen of mes op hulle gerig het en hulle na bosse of afgeleë gebiede gedwing het. Hy het hulle van hul kontant en selfone beroof en hulle verkrag.”

Mkhwanazi is in hegtenis geneem ná een van sy vriende aangekeer is en een van die vroue se selfoon in sy besit gehad het. Hy is daarna deur DNS met die misdade verbind.

“Die beskuldigde het gesê hy ken nie een van die persone wat in die hof getuig het nie. Hy kon egter nie verduidelik hoekom sy DNS op 17 slagoffers en op een misdaadtoneel aangetref is nie. Hy het ook ontken dat hy die getuies ook verkrag, ontvoer of beroof het of dat hy ooit ʼn vuurwapen of mes in sy besit gehad het.”

Staatsaanklaer Adele de Klerk het gesê daar bestaan geen bewyse dat enige van die getuies met mekaar saamgewerk het om die beskuldigde te impliseer nie.

Die NVG loof speurdersersant Mangwale en adv. De Klerk dat hulle suksesvol ʼn reeksverkragter uit die samelewing kon haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank John ·

Hy was te lank op vrye voet om sy skrik bewind voort te sit

Pablo ·

Hy het 6 jaar lank die misdrywe gepleeg en daarmee weggekom. Die polisie diens is net n “ANC employment agency” en niks anders nie.

JohanR ·

My ou as jy nou daar op jou eerste dag in die tronk is dan maak jy dadelik asof jy in groot pyn verkeer en na die tronk hospitaal geneem word. Daar bly jy soos ‘n koning vir twee maande en word dan op parool uit gelaat.

Willem ·

Ja, ons sal maar sien hoe lank is 12 lewenslange + 300 jaar, ekt ñ idee baie van ons gaan dit oorleef

Hennie J ·

Hierdie boef is n sprekende voorbeeld van ons geregtigheid. Hy gaan so 10-14 jaar sit, met naruurlik gratis behuising, etes en klere; hy het baie regte wat aan gehoor gegee moet word. Na sowat 8 jaar van boewery in die tronk slaan hy n nuwe blaaitjie om (want hy weet parool kom nader)en hy word n ‘model’ gevange. Hy word op parool vrygelaat en binne ses maande is daar n nuwe reeksverkragter aan die werk.
Stuur hom na n dwangarbeid kolonie waar hy sy lewenslange vonnis moet uitdien en waar onsnapping met n vuurwapen gestop word.Trek uit die handskoene en straf hulle!!!!!

Hasie ·

Please Djou Honor …don’t belief your lying eyes.Die man is dalk meer inteligent as wat ons dink ….nie

Sarel ·

In SA word 12 Lewenslange Vonisse gelyklopend in edn Termyn uitgedien…asseblief mag ek verkeerd wees en did ou na 15jr sal kan Parool kry. Ek lees niks wat Parool verbied nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.