12 kinders van Bolandse plaas verwyder: Vrou in hof

Die Worcester-landdroshof. Foto: Skermskoot/Google Maps

ʼn Vrou het Donderdag in die Worcester-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat 12 kinders oor die naweek uit haar sorg verwyder is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê polisielede van die landelike veiligheidsektor en ondersoekers van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksoortredings het Saterdag reageer op ʼn klagte van kindermishandeling op ʼn plaas in die Scherpenheuwel-omgewing buite Worcester.

Maatskaplike werkers van die departement van maatskaplike ontwikkeling het die beamptes vergesel. “Daar word beweer dat ʼn 16-jarige kind wat in die vrou se pleegsorg was as straf vir drie dae lank ʼn ketting om die nek gehad het.” Die vrou se 15-jarige biologiese kind is glo ook op ʼn daaglikse basis aangerand.

Volgens Traut is 10 ander kinders, tussen twee en 12 jaar oud, uit die huis op die plaas verwyder. Die vrou, in haar 50’s, is in hegtenis geneem en kort daarna vrygelaat voor sy gewaarsku is om vandag in die hof te verskyn.

Cayla Murray, woordvoerder vir Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het gesê die kinders is na ʼn plek van veiligheid geneem nadat hulle van die plaas verwyder is.

Volgens Murray het die departement ʼn span saamgestel om aan die saak te werk, insluitend agt maatskaplike werkers. “Die kinders het mediese behandeling ontvang en veiligheidsouers is geïdentifiseer.” Aansoekvorms en hofdokumente is ingevul om die kinders in veilige sorg te plaas.

Die Worcester-kinderhof het ook ʼn geregtelike ondersoek begin. Dit was nie onmiddellik bekend wanneer die vrou weer in die hof moet verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vraag ·

Waarom het die skole en maatskaplike werkers en eienaar van die plaas nie hiervan geweet en opgetree nie?
Hoop hierdie vrou kry tronkstraf.

waarheid1 ·

Waarom het die mense wat ‘n kind of kinders in hierdie vrou se peegsorg geplaas het nie gereeld gaan besoek afle soos gewoonlik die geval is nie?
Daardie persoon en departement moet beslis aangekla word.
Dit is soos die Poppie geval – niemand het gereeld of ooit opgevolg nie. Nie die skool of familie of WELSYN nie.

Louis ·

Maatskaplike werkers kom baie beslis nie hulle pligte na nie. Geld of gunsies is ook hier van toepassing.

Sharmane ·

Ek kan nie verstaan hoe sulke mense altyd pleegsorg kinders het nie!!

Pete ·

Nou gaan die plaaseienaar seker weer die skuld moet dra…hou maar dop!

Peet ·

Jy as eienaar is verantwoordelik vir wat op jou perseel aangaan, en moenie vir my sê dié het niks geweet nie.

Alida Wilken ·

Waar kom sy aan die kinders.is hulle dalk ontvoerde kinders deel van Human traffic.etc

Alida ·

Dis die tipe “plek van veilige bewaring” waarvan ons daagliks hoor. Die kinders word daar gedump en NIEMAND doen opvolgbesoeke nie. Die “pleegouers” kry geld by die staat en alles is reg. Here vergewe hulle want hulle weet wat hulle doen nie.

Elizabeth ·

Ja ons ontvang geld van die staat, maar laat ek jou se, ek is pleegma vir 10 jaar vir 2 kinders. En elke kwartaal moet ek hulle raporte deur gee vir die welsyn, en elje jaar moet die skool n verslag deur gee van hulle vodering en bywooning by skool. En dan moet daar ook n sex offender brief aangeheg wees voor dit net hernu word. Ek gee nie om nie jy is welkom om te kyk hoe hulle uitblink op skool en sports. Selfs n leier op skool geword. Dus is hier veel meer as pleegsorg wat betrokke is, want iewers het iemand nie hulle werk gedoen nie.

Anoniemia ·

Ek, my vrou en kinders ken die beskuldigde, en so ook verskeie ander bure in die omgewing van waar sy en die kinders bly.

Die blyk dat die klagte ontstaan het met verdraaide kwaadwillige inligting, en die staat moes optree omdat daar ‘n klagte was.
Ons hoop dat die vrou se naam en die kinders in ere herstel word.

Baie geluk aan Maroela Media wat nie ‘n gelaaide sensasionele artikel geskryf het nie!

mickey Botha ·

het haar fb profile gekyk Dit lyk nie na mishandelde kinders op al die fotos nie eintlik lyk almal baie gelukkig en baie goed versorg

lion ·

baie snaaks dat dit in die nuus is … Elizabeth as dit nou kwansuis fopnuus is..?? daar steek waarheid in!!

Bekommerde ·

Elke storie het 3 kante – my kant- jou kant & die waarheid.
Soos die vorige skrywers geskryf het – iemand het nie sy werk gedoen nie. Die vraag gaan wees : “Hoekom nie?” Die hoeveelheid gevalle waarmee die Maatskaplike werkers is BAIE en die mannekrag is min – omdat die betaling min is – omdat hulle die beroep verlaat agv die min geld en die geweldige stresvolle werk.

So alvorens ons nie in ‘n persoon se skoene gestaan het nie – moet ons nou maar dat die hof uitsluitsel gee oor wie die blaam moet kry
– asook die straf.

Intussen moet ons as publiek ernstig bid vir alle Maatskaplike Werkers – vir die Pleegouers asook die kinders wat deur die sisteem gaan. Gaan hoor daar by jou plaaslike ACVV of daar iets is wat pleegouers/ kinders dalk nodig het – laat julle gemeente iets bydra.

Kom ons vat hande & hoor waar om te help i.p.v. klippe gooi.

Ek keur geensins goed wat die vrou gedoen het nie – die hoeveelheid kinders was hopeloos te veel om met eenslag alleen te hanteer!

Luister ·

Alweer klaar skuldig bevind deur die boendoehof. Wag tog asb. dat die saak eers behoorlik ondersoek word!

leser ·

Hoe versorg jy soveel kinders sonder dat iemand skade ly – fisies en mentally?
Iets is nie pluis nie – en dan die ketting-ding – hoop nie dit is waar nie want as dit is – wel dan behoort hierdie vrou in die tronk -ook met ‘n ketting om die nek.

Maljan ·

Met al die DEMOGRAFIESE AANSTELLINGS op alle vlakke, kan mens diens van niemand verwag nie. Of dit nou polisie mag, winkels, poskantoor, lisensie kantoor of hospitaal is, die DEMOGRAFIES AANGESTELDES sit en staan daar in al hulle glorie om gedien te word, nie om diens te lewer nie. Kyk maar na die munisipale klinieke se “home care based” dames. Hulle besoek die swart bejaardes in ons omgewing gereeld. Sonder n emmer, lap, skoonmaakmiddel of verband en verwag die bejaardes moet uit hulle karige voorraad tee en koekies voorsit.

Hester ·

Ekt op n anderbron gelees die 2 oudste dogters onderskeidelik 15 en 16 waarvan die 1 n biologiese dogter is het fake fb blaaie gestig . Op een blad was meer as 5000 volgers van alle lande en ouderdomme. 1 dogter het saans uitgegaan na n seun wat nie die pleeg moeder se goedkeuring weggedra het nie. So ek neem aan dis rebelsheid wat hul oor gestraf was en toe besluit die 2 om n klag te le of om iemand te kry om n klag te le. Nou ly die jonger kinders .

Landi ·

Waarom moet die oningeligtes, onkundiges en waningeligtes altyd die meeste eiers te lê?

Eugené ·

Ek is baie seker dat hier nie net een ofvier mense nie hul verantwoordelikheid nagekom het nie. Ek wil dit duidelik maak, dat kinders ( van watter ouderdom ookal ) se welstand deur verantwoordelike, volwasse toesig bestuur moet word. Dit beteken dat diesulkes vir verantwoordig pligtig is. Nee, dit gebeur nie in SA nie want ons ja ons is verhewe. Ons laat nie toe dat iemand anders segenskap oor my kind sal hê nie.
Slegte nuus vir ons. Daar is Iemand wat Sy verordeninge gaan nakom en dan staan almal in die geval, skuldig.
Ons is nie betrokke met dit wat ander dlen nie want ons wil die klap in die gesig vermy om maar net eindelik skuldig te staan oor ons onbetrokkenheid.
Nee, die is nie ‘n gruwel van veralgemening nie, dit is ‘n waarskuwing van die klag wat aan ons as verantwoordelikes reeds geformuleer is.
STOP DIE ROTTERESIES, dit is veel lekkerder om n goeie arm mens te wees.

My mening ·

Dit is ongelukkig waar van die meeste maatskaplike werkers – hulle gee regtig net nie om nie. Hulle sal betrokke raak by “maklike” sake, maar wanneer meer van hulle verwag word, ignoreer hulle dit. Ek het n tyd lank saam met maatskaplike werkers gewerk en dit was nogal skokkend om te sien hoe sake (mense!) hanteer word. Ek weet nie of hulle later verhard raak nie en of die professie n sekere tipe mens trek nie. Die opleidingsstandaarde is ook deesdae baie swak.

Kelly ·

Matthéüs 18:6: “maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.”

Wieokal hul skuldig maak… sal hul straf kry. Miskien nie op aarde nie… maar beslis eendag ?

Penelope ·

Sjoe, wat is fout met jou vrou? Ek hoop jy is reg vir oordeelsdag, want God se woord se uitdruklik hoe Hy voel oor kinders en oumense. Skaam jou.

IE ·

Geen kind is veronderstel om met kettings vasgemaak te wees nie. Diereliefhebbers wil mal word as dit met diere gebeur. Hierdie moet nie goedgepraat word nie. Dit is verkeerd daar is baie ander soorte straf. Die wat nie hulle werk gedoen het nie en hierdie toegelaat het is net so skuldig. Mense moet ophou om verskonings te soek vir mishandeling. En ja as die werk te veel is vir jou as maatskaplike werker om dit ordentlik te doen, jammer gaan soek ander werk wat vir jou ligter gaan wees. Ons is hier om ons pligte teenoor kinders na te kom en hulle te beskerm. Hoe staan jy as 2 jarige op vir jouself teen ‘n volwassene.

Piet ·

Ek wil niks sê oor die geval nie. Ek wil opkom vir maatskaplike werkers. Ons professie trek nie sekere mense nie, ek kom byvoorbeeld uit ‘n familie wat ander mense as bevoorreg sal beskou. Verhard ons, soms ja, om onsself te beskerm. Ek kan en wil nie gewoond raak aan die wreedheid van mense nie, kom werk ‘n dag saam met my in my omgewing, jy sal middagete huilend huis toe gaan. Ons besef meer as enige iemand anders watter verskriklike goed mense doen. Ek het ‘n vier jaar graad, ‘n honneursgraad, en het deeltyds klas gegee, pasop om te veralgemeen oor ons kwalifikasies. Ek wil afsluit, MIN mense is bereid om maatskaplike werkers te word juis oor die MIN ondersteuning en MIN werkende hulpbronne van die staat en MIN geld wat ons ontvang. Dit is my roeping in die lewe, ek doen dit al vir 22 jaar en ek doen dit tot die beste van my vermoë binne die beperking van onvoldoende staatsbronne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.