12 ontsnap by twee Limpopo-polisiestasies

Argieffoto.

Argieffoto.

Altesaam 12 verdagtes het oor die naweek in twee afsonderlike gevalle uit polisieaanhouding in Limpopo ontsnap.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ses verdagtes kon daarin slaag om by die Mecklenburg-polisiestasie te ontsnap en ses by die Tabatse-polisiestasie.

“In albei gevalle het die gevangenes ontsnap deur ʼn gat wat hulle in die ogiesdraad van die oefenkamer gesaag het.”

Die verdagtes is aangehou vir verskeie misdrywe, waaronder verkragting, roof, huisbraak, diefstal en openbare geweld.

Genl.maj. Lesiba Mashilo, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het ʼn volledige interne ondersoek na die voorvalle van stapel gestuur.

“Indien dit aan die lig kom dat daar nalatigheid aan die kant van die polisiebeamptes was, sal dissiplinêre stappe definitief teen die skuldige lede gedoen word,” het Otto gesê.

In Julie het vyf verhoorafwagtende gevangenes onder dieselfde omstandighede uit die Ritavi-polisiestasie, ook in Limpopo, ontsnap deur die ogiesdraad in hul oefenkamer te sny. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie ·

Liewe Aarde mense Julle hou nie Hoenders of Duiwe aan nie!!!
Dit is kriminele. !!!!

Winston ·

As die bewaarders gekyk het soos verwag word, het dit nie gebeur nie. Hulle takeaways sal koud word as hulle inspeksies moet doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.