12 polisiebeamptes afgedank oor korrupsie by grensposte

Argieffoto

Altesaam 12 polisiebeamptes, wat by grensposte in die noorde van KwaZulu-Natal werksaam was, is Vrydag ná ʼn interne ondersoek na bewerings van korrupsie afgedank.

Die beamptes is tydens ʼn geheime polisieoperasie vasgetrek nadat die polisie inligting uit die gemeenskap ontvang het van korrupte aktiwiteite by die Kosibaai- en Golela-grensposte.

Die korrupsiebewerings het aan die lig gekom toe pres. Jacob Zuma vroeër vanjaar die Umkhanyakude-gemeenskap besoek het en na hul besware in terme van misdaad geluister het. Daar is ook onder meer besoek afgelê by die Kosibaai-grenspos.

Zuma het in dié tydperk opdrag gegee vir verhoogde en meer gefokusde misdaadbekampingsoptredes in dié gebied sowel as by die grensposte.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale waarnemende polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die afdanking van die korrupte polisiebeamptes verwelkom. Volgens Langa is die beamptes reeds vroeër vanjaar in hegtenis geneem en ná ʼn deeglike ondersoek uit die polisiediens afgedank. Die beamptes is strafregtelik sowel as dissiplinêr aangekla.

Langa het sy dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Umkhanyakude wat die korrupte beamptes onder die polisie se aandag gebring het. Hy het die publiek verseker dat die polisie steeds vasbeslote is om met alle korrupte beamptes af te reken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Dit vat nie n genie om dit uit te werk nie misdaad is buite beheer ……WANT DIE POLISIE DOEN NIE HULLE WERK NIE HULLE HOU HULLE BESIG MET ONWETTIGHEDE…. soos ons elke dag in die media lees

Vraagteken ·

Leahim, dis maklik om altyd die polisie te kritiseer; maar glo my, sodra die moeilikheid jou tref, dan is jy die eerste persoon om hulle te vra vir hulp!

Ons het almal hierdie stereotiperiese houding teenoor die polisie, maar feit van die saak is dat 99% van polisieoffisiere eties is. Dis die oorblywende 1% wat hulle ‘n slegte naam gee – en die pers ry daardie perd!

Ek persoonlik will nie die werk van ‘n polisielid hê nie aangesien dit ‘n spanningsvolle beroep is waar jy self ‘n teiken is.

Leahim ·

As jy sê 99% praat jy van die Duitse polisie of Engelse polisie dan stem ek met jou saam sapd nee jou feite is agterstevoor. Ek en lede in die voorstad van Pretoria waar ek bly het self n buurtwag begin met die hulp van n sekuriteits firma omrede die polisie so pateties is .Ek het n paar weke terug n ongeluk aangemeld by die polisie stasie en raai wie het die polisie eerste gebel die insleepdiens en kan jy raai hoekom? My seun se vriende spog dat as jy kuier en bestuur moet jy net n paar honderd rand in jou voertuig hou en niemand gaan jou vang nie,en rapporteer die skuldige beamptes by ipid dan bel n beampte van die betrokke stasie jou om te sê hulle sal dit intern hanteer en daar eindig dit dit is my ondervinding van jou sapd

Cherokee ·

Ek het ‘n vraagteken oor jou oordrywing deur te sê 99% van die polisie is eties. Dit wat jy sê is nie eens beredeneer nie. Dit is so oordrewe dat dit net ‘n kopskud werd is. Heen en weer natuurlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.