12 polisielede vas oor afsondering-oortredings

Die foto wat wys hoe van die beamptes deur hul kollegas in hegtenis geneem word, is wyd op sosiale media versprei.

Altesaam 12 polisiebeamptes is oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem vir die beweerde oortreding van die regulasies van die afsonderingstydperk en korrupsie.

Vyf beamptes, insluitend ʼn reservis, is in Phuthaditjhaba in die Vrystaat in hegtenis geneem, het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, gesê. Die beamptes was glo deel van ʼn groep wat Saterdag alkohol by ʼn plaaslike taverne gedrink het.

“Die beamptes kon aanvanklik daarin slaag om te ontvlug, maar is Sondag in hegtenis geneem toe hulle vir diens aangemeld het.” Die 44-jarige eienaar van die taverne is ook in hegtenis geneem. “Daar is op alkohol beslag gelê en die taverne is gesluit.” Die polisiebeamptes sal van regsverydeling en die oortreding van die afsonderingsregulasies aangekla word.

Intussen is ses polisiebeamptes wat aan die Brooklyn- en die Silverton-polisiestasie verbonde is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo R30 000 gesteel het van mense wat by ʼn padblokkade voorgekeer is. “Daar is inligting ontvang dat die beamptes glo eers R100 se omkoopgeld van die motoris en sy twee passasiers geëis het aangesien hulle nie in besit van die nodige dokumente was nie.”

Die beamptes het toe glo die motor deursoek waarna hulle op die geld afgekom het. “Die beamptes is in hegtenis geneem nadat die geld in hul besit gevind is en hulle is tans in aanhouding.”

Nog ʼn polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn byeenkoms by die polisie-barakke in Soshanguve, noord van Pretoria, gehou het.

“Al die beamptes word krimineel aangekla terwyl departementele prosesse ook gevolg sal word. Die bestryding van korrupsie en die herstel van die polisiediens se integriteit bly ʼn topprioriteit vir die polisie se bestuur.”

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom.

“Die inhegtenisneming van ons lede is teleurstellend, maar terselfdertyd verblydend in ’n sekere sin aangesien dit wys dat die SAPD onbevooroordeeld bly en die vermoë het om kriminaliteit in sy geledere beslissend te hanteer,” het Sitole gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Boortor ·

Ja cele…en wat gaan nou aan!??. Moet ek my GPF manne stuur om jou te help om jou ” gekeurde” polisie lede dop te hou? Jammer maar jy se hulle mag nie! So.. sterkte my hoed generaal!

SomeOne ·

ook die lede in uniform val in die web van versoeking, sies

net my mening ·

Hoe is dit dan moontlik? Hulle agtergronde is dan so goed nagegaan volgens Mnr Cele?

Gemaskerde Sopbeen ·

Mooi Mnr Cele en kie. Jy wat verkondig drank moet totaal verbied word. Jou eie beamptes kan hulle self nie eens inhou nie. Mooi voorbeeld. Maar, niks nuut nie. Soortgelyke gevalle het in ou SAP ook gebeur. Daar was net minder media dekking en geen sosiale media nie.

Ricus ·

Die afwesigheid van dissipline in die magte wys jou net hoeveel dissipline daar in die regering is want dissipline word van bo af af gedwing

Isabella ·

Dit is skrikwekkend …weermag en polisie se dade wat geopenbaar word …

Pieter ·

Dink Cele kan die Paashaas as gekeurde polisielid aanstel, hy kan sekerlik dié haas uit sy hoed trek.

Strandloper ·

“Lead by example ” Hul volg maar net n minister(sic) en n raadslid(sic) se voorbeelde…

Sarel ·

Wat word verwag wanneer Bestuur en Politieke Leiers voorbeeld stel

Elsa ·

Daar is goeie magslede en daar is dié wat minder goed is. Haal laasgenoemde uit die mag.

Boortor ·

Elsa hoeveel dink jy gaan oorbly? Miskien n honderd, of dalk meer? Sou interesant wees om te sien, maar ek stem saam met jou.

twaalfboor ·

Askies tog Boortor. Eks al 35 jaar in die polisie en ek kan duisende van my kollegas wys wat eerbaar is.

Rodger17 ·

Mooi man!Só lyk die polisiediens wat ek ken!Wolf in skaapsklere nes cele!Polisie is deurdrenk van korrupte lede.Wys jou net hoekom die misdaad so uiteraard hoog is.Hkm sal een krimineel die ander een vang?

Fedup ·

So? This is what lockdown mean to those who think they are above the law? Lets see what happen once this lockdown is over and done with. Will old cele be able to control his goonies?

Alida ·

Hoe goed is ou Cele ondersoek? Raak ontslae van hom en nog n paar ander!!!!

Piet parys ·

So Cele het seker sy voggies op gegaar voor die tyd . Sy uitlatings klink nie na n nugtere denker voor hy sy mond oopmaak nie . Wonder hoeveel van die gekonfiskeerde drank is nog nie uitgedrink nie.

Scalla ·

Hoedeman slaan weereens sy naam met n plank, stuur die nuus die buiteland in laat hul kan eerstehands kan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.