12 sterf in gru-botsing; N1 gesluit

OPVOLG: Altesaam 16 mense is dood nadat ʼn minibus-taxi en bakkie Saterdag op die N1-Suid tussen Murrayhill en Hammanskraal, noord van Pretoria gebots het. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Twaalf mense is Saterdag laatmiddag dood in ʼn gru-botsing op die N1 naby Hammanskraal.

Die Bakwena-tolplaza het op sy amptelike Twitter-profiel gesê die N1-Suid tussen Hammanskraal en Murrayhill is gesluit terwyl nooddienste op die toneel werk. Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes soos die R101 gebruik te maak. Die N1-Noord is egter oop, maar verkeer vloei stadig.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig dat 12 mense dood is toe ʼn taxi en ʼn bakkie gebots het. Volgens Mathe is ses van die oorledenes kinders. “Twee beseerdes is reeds na hospitale in die gebied geneem,” het sy gesê.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie. Owerhede is steeds op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Hennie ·

Taxi’s, moord wapens op ons paaie, tragies innige meegevoel aan die naasbestaades. RIP

Isak Visser ·

Ai wanneer gaan mense ophou roekeloos wees op ons paaie. Te veel mense het die laaste maand wreed gesterf in ongelukke. Is so seer om elke keer te lees en hoor van die gruwelike ongelukke.

Oosie ·

Dalk moet taxi-bestuurders jaarliks streng her-toets word…

Hendrik 2 ·

die toetse sal NIKS help nie. Tydens die toets word alles perfek gedoen. Na die toets is alles van die tafel af. Nee wat, vergeet daarvan. Dis die maklikste. Ek het geen oplossing nie.

Mark ·

Ons was daar het dit gemis met paar minute nie n mooi ding om te sien maar as jy sien hoe ry die mense dit is shocking

Elane ·

Onskuldige mense sterf daagliks in taxies. Owerhede doen nie genoeg om die onskuldiges te beskerm nie. Hulle is afhanklik van taxies maak dit vir hul veilig

Chris Ws ·

Die oorledenes is verlos maar die beseerdes in ongelukke ly en neem jare om te herstel indien hulle wel herstel.Hoe ouer mens is hoe langer neem die herstel proses ook nog.Al die dinge maak dat ons net ry waneer dit noodsaaklik is-geen “plesier ritte” meer nie dankie!

Lols ·

‘n Familie lid van my het die ongeluk voor hom sien gebeur. Was nie taxi se skuld nie, daar was ‘n voertuig wat voor die taxi skielik gerem het, taxi het probeer uitswaai vir die voertuig en van daar het die moeilikheid begin… taxi voor ‘n bakkie in en toe begin rol. Die foto’s is verskriklik wat ons gesien het. Ek haal my hoed af vir die mense wat gehelp het daar, hulle het regtig hul bes probeer om die mense te red maar kon net nie vinnig genoeg by almal uitkom om hulle te red nie.

Lukas Botha ·

MAW dit is die taxi se skuld. As sy volgafstand reg was het hy nie nodig gehad om uit te swaai nie.

Asjas ·

Goed versorgde, padwaardige voertuie help ook. Ek het al gehoor dat sommige van die Taxis nie eers ‘n stuurwiel het nie …

André ·

Ek wonder of die taxi dan uitgeswaai het omdat dit nie betyds kon stop nie as gevolg van swak remme.

Kobus ·

Spoed en volg afstande…as dit by spoedgrens gehou en volg afstand gehandhaaf was…was die moontlikheid groot dat ongeluk vermy kon gewees het….maar jaag mos op almal voor se stert…dalk het persoon wat gerem het net hom probeer wys om stadiger te ry deur rem te trap of dien voege

wilma ·

Lols smaak my jy ken oki di verkeersreels ni. Volgafstand !!!!

Lols ·

Wilma moenie aantuigings maak wat jy nie kan staaf nie! Nie een van julle was daar gewees nie en nie een van julle het dit sien gebeur nie so hou op bespiegel oor wat julle dink gebeur het en konsentreer liewer op goed waarvan julle die feite het.

Jdp ·

As n motoris die wettige volg afstand hou agter die voertuig voor hom is daar genoeg tyd om te stop sonder om uit te swaai in aankomende verkeer se pad.Dit is juis een van die algemeenste oortredings ongeduldige taxis wat te naby aan die voertuig voor hulle ry – Taxi dus verantwoordelil vir die verlies van lewe en ander trauma

Andrea ·

Het vandag in gietende reën op N1 gery. Baie voertuie, oa taxi’s, ry sonder ligte. Heelwat motors ry teen verblindende snelheid terwyl jy seker nie meer as 10 m kon sien nie. Seker 8 ongelukke gesien. Almal luukse motors. Ek dink hul bestuurders het onverantwoordelik bestuur.

Katryn ·

Mense ek het gister self daardie pad gery en in gietende reen vanaf Nylstroom tot by weegbrug. Soos n vorige leser se, mense ry sonder ligte, spoedafstande is n groot probleem. ‘n Bus het tussen die karre deur v bane verwissel sonder dat mens die voertuig voor jou kan sien as hy nie sy hazards aan het nie. Taxis ry absoluut teen die vlg voertuig. Daar is nie n manier om op selfs op 120 dan betyds te stop nie. As jy volgafstand handhaaf dink motoriste hulle kan maar voor jou inry. Dit was absoluut die ergste nagmerrie rit vir my op daardie pad. Dit sal nooit ophou solank daar korrupsie, onpadwaardige voertuie, oorvol taxis op ons paai rondbeweeg nie. En natuurlik selfrespek. Ai dit is hartseer. Xxxx

Lorna ·

Jip ek ry volgafstand op pad en dan dink die taxi’s ek gee eintlik vir hulle tot die busse sal in daai spasie indruk teen n spoed wat my voet heeltyd op my rem moet laat hou so ek sê ook die taxi’s is n baie groot moordwapen op die pad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.