12 sterf in Worcester-ongeluk

Die ongeluk op 24 Desember 2016 op die N1, ongeveer 10 km buite Worcester in die Wes-Kaap. Foto: ER24

Die ongeluk op 24 Desember 2016 op die N1, ongeveer 10 km buite Worcester in die Wes-Kaap. Foto: ER24

Minstens 12 persone is dood in ʼn ongeluk op die N1, ongeveer 10 km buite Worcester in die Wes-Kaap.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bus en ʼn taxi was in die ongeluk betrokke. “Paramedici is net voor 05:00 na die toneel ontbied waar die meerderheid van die passasiers steeds in die wrak van die taxi vasgekeer was,” het hy gesê.

“Twaalf persone, insluitend ʼn dogtertjie en ʼn seuntjie, het noodlottige beserings opgedoen. Nog ʼn kind, tussen vier en sewe jaar oud, en ʼn volwassene was in ʼn kritieke toestand. Hulle is na Worcester- provinsiale hospitaal geneem. Die volwassene het ongelukkig aan sy beserings beswyk met sy aankoms by die hospitaal.”

Die busbestuurder het ernstige beserings opgedoen. Hy was in die wrak vasgekeer en die metropolisie se reddingsdiens moes van gespesialiseerde toerusting gebruik maak om hom te bevry.

Verskeie persone, wat geringe beserings opgedoen het, het op die toneel rondgestaan. “Hulle het gesê hulle was passasiers in die bus,” het Vermaak bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan ·

Dit is net vir my of daar vreeslik baie taxis hierdie jaar in verkeersongelukke betrokke is.
Wonder of daar statistiek gepubliseer gaan word.
Of is ek verkeerd?

Uiltjie ·

Wat gaan aan? Ongeluk op ongeluk, op ongeluk? Sterkte aan naasbestaandes. Wetgewing moet gemaak word DAT alle langafstand taxis twee drivers moet he! Of het hulle weer in die ry van driver gechange?

Johan lesch ·

Wat my kwaad maak is dat wets toepassing bestaan uit spoed lokvalle en so veel as moontlik boetes skryf. Maak eerder seker voertuie is padvaardig en bestuurder kry lisensies op n wettige manier.

Tromp-op ·

Tromp-op botsing? Dit lyk asof die bus vir die taxi probeer uitswaai na links en die taxi toe dieselfde gedoen het. Daar is sovele van hierdie ongelukke dat daar werklik ‘n nuwe verkeersreël gemaak kan word nl. “Die oortreder wat aankom in die verkeerde baan is die een wat heeltemal verder na sy regterkant toe moet uitswaai en selfs dan van die pad moet afry indien nodig. Dit maak ook nie saak of hy dan teen ‘n krans af val, in ‘n rivier beland, teen mure/walle/bome vasry of wat ookal dan op sy ‘pad’ kom. Natuurlik sal die een wat geregtig is op sy deel van die pad net rem trap en in sy baan bly. Luister u, minister Peters?

Tromp-op ·

Verkeerd, gaan na Arrive Alive waar foto’s wys dat die ongeluk tussen die twee geel strepe was en op die baan van die bus. Om ‘n bus só stukkend te ry was daar uitermate spoed en gevolglik momentum by betrokke. Ons is in vir ‘n swart vakansietyd . . .

Cherokee ·

In ‘n noodgeval tel padreëls nie en ‘n bestuurder doen impulsief wat na die beste uitweg lyk. Instinktief word weggeswaai vanaf die gevaar. As jy verkeersreëls wil praat moet jy vir ‘n oomblik ook dink aan vlieëniers vir wie padreëls sê om links te swaai en lugreëls sê regs. Indien nodig sal instink kompleet oorneem en mens sal handel soos deur die onderbewussyn aangesê.

Justice ·

Goeie punt Cherokee – die probleem is dat baie van die taxi drywers laag vlieg en hou by lugvaart reels.

KP ·

Daar is geen respek vir wette deur taxis op paaie. Sal nog erger word.

Frik ·

Wonder self of daar enige statestieke vrygestel gaan word hoeveel Taxi’s in al die botsings gedurende Kersvakansie betrokke was landwyd. Kos ook nie n wetenskaplike om te bepaal wie was die bestuurder wat skuldig was in die ongeluk nie as jy na die foto kyk nie.

Erika ·

Gister het n taxi tussen Somerset Wes en Kuilsrivier gery met 20 mense….ja julle lees reg….gery. Kon nie die skuif deur van die taxi toemaak nie. Dit is nou on verantwoordelik….

Bokkie ·

Taxi’s is The king of the road en hoeveel ken hulle padreels?

CHRISTA ·

Dis nie net gedurende vakansies nie. In Gauteng word DAAGLIKS padverslae op die radio uitgesaai en ELKE dag is daar etlike taxi-ongelukke!! Maar die metropolisie stel nie belang in padveiligheid nie. Hulle trek net motors af om te sien hoeveel uitstaande boetes op hulle rekords is!! Dis die metro’s se variasie van die Lotto!!!

oumie ·

Karin jy so reg in die noord gister in die nuwe busrylaan was n kop aan kop taxi en kar net omdat hul die verkeer wou voorspring met baie erinstige gevolg taxis grootste oorsaak van ongelukke op ons paaie maar soos hul op carte Blanche gese het die pad behoort aan hulle

Uiltjie ·

TROM-OP jy is moontlik reg oor so n reel. Ek het hoeka besluit as iemand oor kom in my baan is dit sy verantwoordelikheid om die fout reg te maak. Ek doen die minimum.

Nettie ·

Jy sê dit nou. Wag tot jy in ‘n lewensgevaarlike situasie is, dan kyk jy hoe neem instink oor.
Dis nie speletjie om te kyk wie eerste uit-‘chicken’ nie.
Ons benodig verantwoordelike bestuurders op ons paaie asb.

Tromp-op ·

Ek was in so ‘n situasie. Ek het bloot rem getrap, aan my kant gebly en die dubbelkajuit Toyota met sy windgat agter die stuur moes maar af van die pad en deur die gate en slote. Het ek ook uitgeswaai dan het ons mekaar langs die pad gelooi.

Drikus ·

Ons het tussen die Paarl & Worcester 80 taxis met sleepwaens teengekom. Wat opgeval het, is dat hulle teen mekaar resies jaag om eerste by die tolhek te kom. En dit teen ‘n yselingswekkende spoed in die donker nag. Dit is twee taxis per minuut net oor die kort afstand van 45 km. Dit is verstommend dat daar nie meer ongelukke voorkom nie.

ZORO ·

Dit gaan my verstand te bowe. As ek reg het, het die verkeershoofde n ‘performance ‘kontrakte hoe is dit moontlik dat n man 40 jaar dies het en het geen plan om die ongeluk syfer met ten minste 5% te laat daal nie en vir jare in die stoel sit en massiewe salaris ontvang.Dis tyd dat die regering ontslae raak van die ‘ou hout ‘ daar is jonger manne en vroue wat baie beter kan doen . Historiese ondervinding kan nie tred hou met modderende verkeersvloei.

JoeV ·

Twee voertuie in dieselfde baan ry in teenoorgestelde rigtings. Dalk moet die owerhede ‘n reël maak wat die gevaar sal verminder, verlaag die spoedgrens na 10km/h.

Annelise ·

Dit is juis die grootste probleem. Maak nie saak wat se reels en wette ingestel word nie. Die Taxi’s hou by geen padreel of wet nie. En die baie taxi ongelukke is getuies daarvan

JoeV ·

Net so Annelise, net hier al baie gelees van “bring die spoed gerns af”. Dit sal geen veskil maak nie, dit is net manier om geld uit spoed lokvalle te maak, want dit het te gevaarlik geword vir verkeers polisie om die publiek in persoon te nader en te beboet vir breek van pad reëls.

Christo Cloete ·

Ek wonder hoeveel van hierdie hordes hordes taxi bestuurders het hul lisensies op n wettige manier bekom en hoeveel lisensies is gekoop. En as mens kyk na die bestuursskole wat soos padda stoele opskiet en almal wat met kode 10 trokkies leer en uitpasseer is dit gn wonder daar is soveel ongelukke nie. En regering doen niks hieraan nie, en horde onskuldige mense verloor jaarliks hul lewe en wat word daaromtrent gedoen? Daar moet n ondersoek na bogenoemde begin word en ek kan jul waarborg miljarde rande se bedrog sal oopgevlek word. Kry net regtemense om dit te ondersoek wat nie omkoopbaar is nie.

Asjas ·

Volgens EWN het ooggetuie beaam taxi was in die verkeerd, ander voertuie verby gesteek en kon toe nie sy ry kry want hy is mos oorlaai.
En ja hulle is so arrogant hulle verwag van jou om die pad te verlaat terwyl hy verby kruip.

ZORO ·

Verkeershoofde moet verantwoordelik ge hou word vir die slagtings op ons paaie . Jy kan jaar na jaar dieselfde metode gebruik wat nie werk nie en verwag die ongeluk syfer moet daal nie. Dank af die onbevoegde verkeersbestuur wat geen missions and vision het nie. Hulle moet die blam dra vir die slagting op ons paaie. Die Chinese sê n vis vrot van sy kop af.

Rudi ·

Dit is nie net taxis nie. Ekt gister pappas in Rangers, mammas in Fortuners en jongelinge in klein karretjies op dieselfde pad gekry wat net geen veer vir jou voel van voor nie. Ek moes herhaaldelik uit swaai om hulle te mis. En as jy dink hulle gaan vir jou uit swaai, maak jy n fout. More lees ons van jou.

Al manier hier verby, is om die hoofweë n beton versperring in die middel te gee met 2 bane in elke rigting. Die spoed grens gaan geen verskil maak nie, want niemand voel in elk geval iets vir daai bordjies nie.

Cherokee ·

Omdat kinders geen sê het oor die tipe vervoer waarmee hul ouers hulle laat reis.

Gus Dry ·

n Ongeluk is iets onvermydelik .band bars .stuur meganisme fout ens ens .Baie taxi bestuurders dink die pad behoort aan hulle geen respek vir pad reels nie en dit verooraak botsings.nie ongelukke nie !!!!.sal graag statistieke wil sien van hoeveel taxis in botsings betroke is .

undertaker ·

So 2 were gelede is ek tussen Worcester en Villiersdorp verby gesteek deur 2 busse na mekaar, op n blinde hoogte, en my spoed was 120 kmph. Hulle so gejaag ek kon hulle nie eens inry om nommer plate te kry nie. Ek dink persoonlik dat mens maar net sommige bestuurders kry met n ik van -5, kan net nie vooruit dink aan nagevolge van, wat as dit nou gebeur…..

slak ·

Ry op die N6. Geen verkeersinspekteurs in sig. Rouxville sit drie en spoed vang. Tussen Smithfield en Reddersburg ry varje jou van die pad af.

Ons het verkeersmanne nodig wat rondry saam en tussen die verkeer. HULLE MOET SIGBAAR WEES . Dit is tog wst met aanvang van die Feestyd gepropageer was. Sigbaar. Nou speel ons wegkruipertjie met ‘n kamera wat nie reset word nie. Kom regerinsamptenare hou op wegkruipertjie speel. Lewens is belangriker as geld maak.

Johann G ·

Dis nie net die taxies nie Suid Afrikaners het oor die algemeen bitter swak selfbeheersing as dit by bestuur kom die menere met die BMW’S DIE MERCEDES DIE FORTUNERS almal dink jy kan met n vragmotor of n bus stop soos jy met n kar stop en ja jy kan nie onmoontlik en nog n laasste punt is hulle wil mos vir mamma beiindruk en dis net daar wat hulle die fout maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.