12 strafregtelik aangekla vir aanhitsing tot geweld en moord

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Donderdag by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion. Foto: Verskaf

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Donderdag by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vanoggend strafregtelike klagtes teen 12 mense ingedien wat herhaaldelik rassistiese boodskappe op sosiale media geplaas het, wat geweld en moord aanhits.

Die beëdigde verklarings, wat met die hulp van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die strafregkenner, dr. Llewellyn Curlewis, voorberei is, bevat uitgebreide verslae oor dié 12 individue en die opmerkings wat hulle gemaak het.

“Dit lyk asof daar ʼn algemene wanopvatting is dat enigiets wat mens op sosiale media sê, op die een of ander manier aanvaarbaarbaar is en sonder gevolge sal bly. Openbare woede en mediadekking word skynbaar gereserveer vir, of beperk tot, ʼn paar gevalle. Ons het die publiek daarom uitgenooi om skermgrepe aan te stuur van plasings wat haatspraak, rassisme of aanhitsing tot geweld bevat. Die reaksie was oorweldigend,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

AfriForum het die SAPD versoek om dié 12 individue onverwyld te ondersoek, hul identiteite met betrekking tot die sosialemediarekenings na te gaan en van die toepaslike oortredings aan te kla. Om die proses te bespoedig, het AfriForum die SAPD versoek om op gereelde grondslag terugvoer te gee en ook aangebied om enige moontlike hulp te verleen.

“Ons is bekommerd oor die intensiteit van sommige van die boodskappe en skermgrepe wat ons ontvang het. In teenstelling met ander gevalle, wat aansienlike aandag in die media geniet en meestal oor rassistiese aanmerkings gaan, is baie van die skermgrepe wat ons ontvang het egter oproepe om wapens op te neem, asook versoeke of oproepe om mense dood te maak of leed aan te doen. Ons is bekommerd dat dié sake, ten spyte van hul ernstiger aard, tot op hede nog nie hanteer of tot dieselfde mate veroordeel is nie,” sê Roets.

AfriForum is van plan om meer klagtes in te dien, afhangend van die uitkoms van die eerste 12 gevalle. “Ons versoek die publiek daarom om steeds voorbeelde van rassisme, haatspraak en aanhitsing tot geweld aan [email protected] te stuur,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christelle ·

Dit is fantastiese nuus, maar dit stop nie die moorde op gewone mense sowel as boere nie…

rudi ·

Elke bietjie help. Daar was al moorde gepleeg waar die moordenaars erken het dat hul aangehits was deur haatspraak

Cherokee ·

’12 Strafregtelik aangekla ….. ‘
Maak die een wat die foto van die vrou in ‘n hok (vorige berig) geplaas het tesame met skeltaal en aanhitsing, die dertiende een.

Frederik ·

Nou praat jy, Asjas. Afriforum behoort klagtes te lê teen die museum sowel as die sg kunstenaar. Ek sien geen kuns in die getikte woorde nie. Sou ek ‘n soortgelyke “kunswerk” tik met die woorde ” Fu……..k all Blacks”, sal dit die MRK haal, maar defnitief nie ‘n museum nie.

At ·

Kla hul eerder by ‘n internasionale hof aan, want plaaslike howe en hul “regskundiges” dra eenrigting brille met donker lense.

Penellope Jones ·

Ongelukkig is die boodskappe wat hulle geskryf het, uit.

Noellene ·

En mense wat waarheids stellings maak, geen haatspraak aanroer nie en ook maar net “vryheid van spraak” uitoefen, is haar lewe kwyt…..

Rupert Ashford ·

Ek hoop hulle het kopiee gehou. Daardie leers kan maklik “verdwyn”…;-)

Alida ·

Gaan dit hulle nou stop? Hulle steur hulle mos lankal nie meer aan enige iets nie. Goeie idee om hulle aan te kla maar hulle doen dit net weer en weer en weer.

chris.l ·

hoop dat die kunstenaar van f..k the whites ook aangekla gaan word wat ek sien dat dit weer as SPRAAK VAN VRYHEID afgemaak ek wonder net hoekom daar geen kommentaar is na daai berig nie

Maria Van Dieweeck ·

Chris, wonder ek ook. Sou graag wou dankie se aan die CAPE PARTY manne! Welgedaan om op te staan vir wittes

Scalla ·

Dan moet hul die hele anc aankla, hulle spreek almal dieselfde taal.

Penelope ·

Dankie vir elkeen wat probeer om ons land te red! Ons hoop dis die moeite werd vir SA se onthalwe. Wonder of Steve se planne om Trump te besoek iets positiefs vir ons land gaan oplewer….

Rve ·

Dis ‘n stap in die regte rigting. Ek het dit baie sterk oorweeg om my bydraes aan afriforum te staak, omdat dit meestal blyk dat hulle ook maar net anderkant toe kyk as sulke dinge gebeur, maar nou wys hulle dat ons bydraes wel goed gebruik word. Hou asb net aan druk en hou die hele proses openbaar. Êrens gaan genoeg mense daaroor praat om dieselfde bohaai op te skop as wat die wit op swart opmerkings veroorsaak. Terloops, ek hoop julle stuur al die opmerking, eposse, Facebook inskrywings ens wat julle het net so vir die DA en veral aan Helen zille persoonlik. Sy/hulle is vreeslik bedrywig in die media en op sosiale media as daar wit teen swart ongeregtigheid is, maar doodstil as die skoen aan die ander voet sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.