12 stropers vas in wildtuin

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Twaalf vermeende stropers is die afgelope paar weke in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is deur die polisie, veldwagters van SANParke en die beskermingsdienste in Skukuza in hegtenis geneem.

Drie Mosambiekers is Maandag by Stoltznek in hegtenis geneem nadat daar ʼn .458-geweer, ʼn knaldemper en ammunisie in hul besit gevind is. Die verdagtes is tussen 33 en 36 jaar oud.

Volgens Bhembe is drie Mosambiekers ook Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ʼn jaggeweer, ʼn knaldemper, ammunisie, ʼn mes en ʼn byl gevind is. Hulle het Vrydag in die landdroshof in Bosbokrand verskyn.

“Twee mans, Phillip Mzimba (33) en Difference Mahlaule (34), het Woensdag in die hof in Skukuza verskyn nadat hulle Dinsdag in hegtenis geneem is. Hulle sal Donderdag weer in die hof in Bosbokrand verskyn wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.”

Bhembe het gesê vier mans is twee weke terug in hegtenis geneem toe hulle die park wou verlaat. Solly Silaule (35), Oddis Maluleke (43), Sam Khoza (26) en Phillip Gumede (48), ʼn werknemer van SANParke, is in besit van renosterhorings, ʼn jaggeweer en ammunisie gevind. Hulle het Maandag vir ʼn tweede keer in die hof in Bosbokrand verskyn en bly in aanhouding.

Lt.genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris in Mpumalanga, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

De Villiers ·

Renosterstropings hou aan plaasvind omdat die straf deur die howe te lig is, en hulle nie daardeur afgeskrik word nie. Om tronk toe te gaan is nie ‘n straf of skande vir hulle nie. Tans word net die pionne gearresteer. As die meesterbreine teen dieselfde tempo gearresteer en vervolg word, en ‘n gepaste straf kry, kan dit dalk stop.
Wel gedaan aan diegene wat die 12 skurke gearresteer het.

IK ·

Jy is reg De Villiers, afhangende vd oortreding sou die praat vd rottang meer van pas wees betreffende misdaad.

Ivan ·

Dankie vir goeie en volhoubare werk deur mense wat nog lief is vir die natuur en sy diere.

Johanna Botha ·

Tog kommerwekkend dat baie wat die diere moet oppas self betrokke is by die stropery …dalk leunverklikker toetse oorweeg ?

Ralph ·

Groot grap. 3 mosambiekers vir borgtog. Hoe “gaaf” is ons korrupte regstelsels?

Willie ·

Jy as SA burger sal nie I’m Mosambiek borgtog kry nie…

Donderstorm ·

Ja daar is maar n paar vrot appels in die mandjie maar die meerderheid is goeie mense wat hul lewens daagliks op die spel sit om SA se wild vir ons nageslagte te bewaar n paar het al die grootste opovering gemaak hul het hul lewens gegee vir die beskerming van SA se wilde diere hul in my oe moet hul eer kry en meer onthou word hul moet ss gevalle soldate hul eie gedenkteken plek kry as daar nie reeds een is nie mens hoor net een wildbewaarder is dood en dan niks meer verder nie die “unsung heros” gee eer aan die wie dit toe kom ne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.