12 studente vas ná brand by Fort Hare

(Foto: Twitter/Ganymede)

Net enkele ure voor die halfjaareksamen moet begin, het studente glo ʼn sportkompleks by die Universiteit van Fort Hare (UFH) se Alice-kampus te midde van betogings aan die brand gesteek.

Altesame 12 van hulle is reeds agter tralies.

Volgens ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 20:20 na die universiteit ontbied nadat hulle ʼn klagte oor ʼn gewelddadige betoging ontvang het. Die studente, almal tussen 19 en 22 jaar oud, is by die betoging in hegtenis geneem.

Nkohli sê die meubels is uit die eksamenlokaal gedra en buite die saal aan die brand gesteek.

“Verskeie kringtelevisiekamerastelsels is beskadig en die universiteit se kafeteria is geplunder,” sê Nkohli.

Daar word vermoed dat die chaos begin het ná ʼn interne dispuut oor eksamens.

Die groep studente sal na verwagting Dinsdag in die Alice-landdroshof verskyn op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, huisbraak en diefstal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

domheks ·

Dis omdat hulle vir niks betaal nie! Staan gedurig bakhand maar verbrand alles!

Perdeby ·

Sluit al die universiteite Dan kan almal van die huis af studeer. Hulle het almal self one en laptops hulle kan klas kry via zoom

Amelia ·

En almal weet watter klomp dit is wel net he en he betaal vir niks en is altyd daar vir gratis opleiding kos huise en sassa en gratis studies skors en mag nooit weer gaan swat nie gooi ook sommer uit land laat hul gaan bly weaar daar reeds niks is om meer te brand nie

Heila Isabella ·

Studente wat regtig waar wil leer en eksamens skryf ly dàaronder verban daai krimenele permanet by alle universiteite hulle verdien nie nie om daar te wees nie

skurweberg ·

Ek lees nêrens van studente en hulle ouers nie. Dis hoogtyd dat ouers ook verantwoordelikheid vir hulle kinders se dade moet begin aanvaar. Hulle het hulle in die lewe gebring en lyk my net so laatstaan. Dis veral die wat minderjarig is. Die Universiteit wat hierdie kaliber Jongmense toelaat sonder enige psigometriese evaluering moet maar die gevolge dra. Dit geld ook vir die werkers in munisipaliteite en ander verantwoordelike en leiersposte.

Di ·

Hierdie tipe gedrag raak nou algemene ding onder sekeres in die land. Dis omdat hulle alles verniet kry wat hule dink hulle kan als net afbreek as hulle nie gelukkig is oor iets nie. ONS as belasting betalers moet die geld opdok om die plekke weer te herstel. SLUIT die Universiteit, punt. Hulle is nie daar om te leer nie, net om verwoesting te saai waar hulle kom. Meeste van hulle SLAAG nie eers en verkwis net ons geld

Catherina ·

Hulle sal seker môre weer vry wees. Kan mos doen wat hulle wil. Geen wonder meeste het niks nie. Verstaan waarde van niks nie. Breek en brand maar….belastingbetalers sal weer vir julle help

Onnie ·

Die boosdoeners word nog aange”cheer” ook in die video. Wie moet nou betaal om die skade te herstel? Wie moet nuwe meubels koop? Meeste van hulle het nie eers tafels en stoele in hul huise nie, maar hulle brand lekker dit wat ‘n ander man betaal het. Ons land is vrotsiek.

Jannie van Niekerk ·

Indien ek ‘n besigheid het sal ek NOOIT afgestudeerde studente van daardie universiteit aanstel nie want hulle GAAN my geboue en voertuie aan die brand steek

Susanna ·

Affirmative shopping! Natuurlik is die kafeteria geplunder en natuurlik is meubels aan die brand gesteek! Hulle was honger en het koud gekry!

donsie ·

sluit die universiteit en kyk waar hulle dan hulle sogenaamde geleerdheid vandaan gaan kry. dis tyd dat die ander studente wat graag wil leer teen die belhammels moet opstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.