12 vas ná plundertog 

Foto: SAPD

Die polisie in Tshitale buite Louis Trichardt in Limpopo het 12 verdagtes in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Die verdagtes, tussen 20 en 30 jaar oud, word ook aangekla van brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging, het kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Die inhegtenisnemings volg nadat gewelddadige protesaksie Saterdagoggend in Ga-Muila uitgebreek het.

“Daar word beweer ʼn groep gemeenskapslede het op ʼn plundertog gegaan en die huise van ʼn plaaslike stamhoof en twee hoofmanne aan die brand gesteek.”

Foto: SAPD

Volgens Ngoepe is ses motors ook aan die brand gesteek en is die eiendom van ʼn plaaslike myn beskadig. Die skade beloop glo meer as R3 miljoen. Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde het intussen die situasie gestabiliseer.

Die rede vir die gewelddadige protesaksie is nog nie bekend nie maar volgens Ngoepe sal hulle ondersoek dit vasstel.

Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn en die polisie verwag dat nog inhegtenisnemings sal volg.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gemeenskappe gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Heksie ·

Wat help dit om hul in hegtenis te neem, hulle sal maar net weer vrygelaat word en dan kom daar absoluut niks van die sake nie!

Wallie ·

Volgende stadium van protes waar gemeenskap besef dat hulle nie openbare eiendom soos biblioteke of skole teiken nie maar politici en paaslike leiers wat wel n sê het oor dinge in hulle lewe. Sal interessant wees om die omstandighede en redes te weet.

Mads ·

Ja so word die hele land aan die brand gesteek. Laat ek ook eerder niks verder se nie.

Soldaat ·

Met geen dissipline in sommige skole en ouerhuise, met geen gevolge vir jou dade sal dit ook nie anders wees nie. Die staat se gesag word uitgetart en niks gebeur nie. Die kriminele het te veel regte. Maak die skuldiges verantwoordelik vir die skade wat hulle aanrig, dan sal dit baie vining stop. Wanneer vyf mense n protesaksie het, kan hulle doen wat hulle wil,plunder en verwoes. Die polisie mag niks doen nie. Die kriminele weet dit.

Wielie ·

Wonder vir watter party stem hulle…Toe mond is ‘n heel mond…

Ekke ·

Die algemene denk is mos…. Aag toemaar versekering sal betaal.. Kom ons breek en plunder voort.

Elbie Naude ·

Ek het onlangs ‘n artikel gelees oor die Amerikaanse FBI wat profiele van brandstigters saamgestel het. Daar is twee soorte brandstigters: die een soort sal ‘n plek aan die brand steek uit wraak, maar is ‘n eenmalige gebeurtenis. Die ander soort is reeksbrandstigters wat baie ernstige sielkundige tekortkominge het. Hulle praat ook van piro – maniakke wat plekke aan die brand steek – omdat hulle kan, bitter min of ooit gearresteer word, genot put uit ander se verlies en weet nie eintlik so mooi hoekom die plek/eiendom afgebrand moet word nie. Een sielkundige meen die oorsaak hou verband met oeroue instinkte van die mens nadat vuur ontdek was. Ek is van mening dat ‘n brandstigter nog terugdatteer na oeroue beginsels, nie baie intelligent is nie, het geen gewete of berou nie en beskou homself as iemand wat iets bereik het in die lewe. Tussen die gespuis word so persoon op die skouer geklop: “Nice work, job well done.” Dit is juis hierdie onderpresatie wat baie gevaarlik is want dieselfde klong sal dit oor en oor doen want die arme drommel kry erkenning vir sy dade.

riaan ·

Hoe anders kan hulle, hulle “struggle credentials” verbeter ten einde vir “higher office” (Parlement, kabinet, ens.) in aanmerking te kom??

Johan ·

Ai,,die plundering,brand van openbare en privaat eiendom is om werk te skep.Regtig!So ook die rommelstrooing,Stallings ens.Iemand moet daai geboue oor bou,nuwe busse moet gekoop word,iemand moet die gemors op tel…. Klink dit soos werk wat wit mense doen?Hulle glo absoluut hulle skep vir hulle en comrades.Nuwe tenders wat moet uitgaan…dink bietjie….alles met n plan….???

Grys ·

As hulle al begin teen die stamhoof draai, dan weet jy… Afrikaners moet die 2de groot trek begin.

Stella ·

Ja nee,,,,weer eens hulle geliefkoosde kleur,,geel,oranje en rooi,die kleur van vlamme,enige verskoning om daai kleur te sien. Brand Suid-Afrika brand.

Ulinda ·

so as daar dan niks oorbly wat dan………..?????????????
sal nooit verstaan hoe hulle koppe werk nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek vra vir my werkers, “Are you going to vote for the ANC this year?” “Yes, we do!!” “And if they ignore you again like they did over the past 25 years and you lives don’t improve?” “THEN WE BURN THEM!!!” As ek ‘n ANC kandidaat was, het ek my kiesafdeling aangemoedig om vir die oposisie te stem….want hier gaan dit nog warm word!!

leser ·

lidmate van n ander land, na borgtog is hulle vort en niemand sien of hoor weer van hulle nie

Carel ·

Hulle tipe brand vandag die bus af en môre wag hy vir dieselfde bus

HPV ·

“Betogers” het die afgelope jare reeds miljarde Rand skade aan persoonlike en staatseiendom aangerig en so gaan hulle daagliks aan en aan. Wat egter kommerwekkend is hulle word in hegtenis geneem en dae later vrygelaat sonder enige optrede teen hulle. Is enige van ons sleutelbordkrygers (erkenning aan Blaarman) bewus van suksesvolle vervolging teen net een van hulle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.