12 vas, vermeende stroper geskiet in wildtuin

Argieffoto: Maroela Media

SANParke het Woensdag gesê wildbewaarders het 12 verdagtes, onder wie ʼn polisieman, in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Volgens William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het is ʼn vermeende stroper doodgeskiet. Daar is drie verskillende operasies op een dag in verskillende dele van die wildtuin uitgevoer. “Ons is stadigaan besig om veiligheid op te skerp en stropers aan te keer.”

Mabasa het gesê wildbewaarders het tydens een van dié opvolgoperasies in die Pretoriuskop-gebied op ʼn groep vermeende stropers afgekom waarna ʼn skietery uitgebreek het. ʼn Vermeende stroper is noodlottig gewond.

Mabasa het gesê daar is op ʼn aanvalsgeweer, patrone en ander gereedskap wat vir stropery gebruik word beslag gelê. “Een van die wildbewaarders is in die voet geskiet en is met ʼn helikopter na die hospitaal vervoer. Sy toestand is stabiel en hy ontvang berading.”

Volgens Mabasa is vyf verdagtes naby die Paul Kruger-hek in hegtenis geneem, onder andere ʼn polisiebeampte en ʼn werknemer van SANParke. Ses verdagtes is intussen ook naby die Phalaborwa-hek in hegtenis geneem.

Nicholus Funda, hoofwildbewaarder, het gesê die gebruik van tegnologie en lede se deursettingsvermoë het die sukses van die operasies verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Carla ·

Goed so! Goeie werk SANPARKE! So roei mens die kwaad uit en laat ‘n erfenis na vir ons nageslag.

Frieda ·

Baie geluk met die suksevolle operasie , mag daar meer sulke stories oral in Suid -Afrika begin sodat ons land weer kan terug keer na normaal

Wow well done ·

Wow welldone Sanparke, Polisie en alle hulp met hierdie operasies, goeie werk, roei hulle uit voor hulle al ons diere uitroei!!!

Scalla ·

Baie goeie werk, net jammer daar is altyd inside information en hulp.

Robert ·

Ek is verbaas iemand word wel gevang. Die regering/anc beskerm sy belang; kan julle dink hoeveel verdien hulle uit die stropery uit?! Dink maar aan die “crime pays” slogan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.