Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dat die verdagtes in hegtenis geneem is terwyl hulle in buitelanders se winkels probeer inbreek het. Dit is nog nie duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie.
Dlamini kon nie bewerings dat motors aan die brand gesteek is, bevestig nie en het gesê dat die situasie in die gebied tans kalm is. Geen beserings is aangemeld nie.
Vrese het ontstaan dat die xenofobiese geweld wat die afgelope week in KwaZulu-Natal woed nou na Gauteng oorgespoel het nadat ʼn Jeppestown-winkel Woensdagnag geplunder is.
Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris in KZN, het gesê dat die vredesoptog teen xenofobie wat Donderdag in Durban gehou is, goed afgeloop het. “Ek is tevrede met die algehele operasie en die polisie het bewys dat ons die vermoë het om geleenthede soos hierdie in wisselvallige gebiede te polisieer. Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede, sowel plaaslike inwoners as buitelanders, om gehoor te gee aan die versoeke van ons leiers en hulle te weerhou van onwettige aktiwiteite.”
Volgens Ngobeni is geen gewelddadige aanvalle of ernstige voorvalle gedurende die optog aangemeld nie, maar nege mense is wel in hegtenis geneem vir onwettige betoging en ander oortredings.
Ek wonder maar net, twaalf vas vir plundering : Wag net tot hulle weer loskom vandag dan is hulle eers kwaad.
Bedel mos nie ondermekaar nie, die vreemdelinge werk vir wat hulle het en wil seker nie weggee soos sommige ander SA burgers nie, daarom word hulle goed sommergevat. Dit is ons mede Suid afrikaners se kultuur.
Die ANC was ‘n goeie leermeester vir hulle gewees. Die ANC het hulle mos geleer om net te eis wat hulle wil hê – “WE WANT, WE WANT”!! Hulle wil net hê sonder om hulle arms uit hulle moue te steek.
Net 12?!!!