12 vas wat verdagtes glo help ontsnap

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Dramatiese toneel het hom Dinsdag voor die landdroshof in Barberton, Mpumalanga, afgespeel toe ʼn groep mense ʼn polisievangwa omgegooi en ses verdagtes help ontsnap het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mans is vroeër in hegtenis geneem op ʼn aanklag van besit van ʼn onwettige vuurwapen. Hulle sou Dinsdag in die Barberton-landdroshof verskyn het.

“Toe die vangwa, met die ses verdagtes binne, voor die hof se hek stilgehou het, het ʼn groep mense skielik op die voertuig afgestorm en die vangwa omgegooi. Hulle het die agterkant van die vangwa oopgedwing en die ses verdagtes help ontsnap,” het Bhembe gesê.

Volgens Bhembe het die polisiebeamptes in die vangwa versterking ontbied en ʼn skermutseling het tussen die polisie en die groep ontstaan. “ʼn Skoot is in die proses afgevuur en ʼn 17-jarige meisie is gewond.”

Hy het gesê die polisie kon daarin slaag om al ses verdagtes wat uit die vangwa ontsnap het weer in hegtenis te neem, asook 12 verdagtes wat deel was van die groep.

“Die 17-jarige meisie sal ook aangekla word, omdat sy deel was van daardie groep wat op die polisievangwa afgestorm het,” het hy gesê. Die meisie herstel tans in ʼn hospitaal en die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) sal die voorval ondersoek.

Die ander 12 verdagtes is aangekla van opsetlike saakbeskadiging en om verdagtes te help om uit wettige aanhouding te ontsnap. Hulle sal vandag of môre in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

En die sirkus kry n nuwe act by? Rerig? Die absurdheid word net by die dag meer belaglik! Imagine die vooraf vergadering en beplanning vir “rol ve poulees truc ovir” ?

SeMaarNet ·

Johann – ai – dankie tog vir ‘n bietjie skerpsinnigheid tussen al die “keyboard ninja comments” :-) .. Ja … verstommend! Nog ‘n dag – nog die einde niet!

Kiebertjie ·

Ons moet soos in amerika maak, en enige minderjarige wat deel is van enige misdaad, as adults vervolg.

marous ·

Die polisie se gesag is doelbewus afgewater deur hul eie kamerade tot ‘n tandelose , kloulose
sieklike sirkus leeu. Hulle gaan nie kan omswaai nie want hul Adjunk President voer ‘n patetiese verskoningsdans uit vir sy opmerkings oor Marikana. Dalk is die Chinese die enigste redding vir Afrika , want na Tianaman Square waag die verontregtes nie eers om ‘n ryskorrel na die magte te gooi nie.

AL ·

Ek stem! Onder leierskap van zumps raak die kriminele en anargiste vreesloos en arrogant en het geen respek vir wet en orde nie. In Richardsbaai is 2 polisievoertie met ñ bulldozer gister omgegooi.
Ek glo Ramaphosa kyk hoe die wind waai, pas hom daarby aan, om sy kaarte reg te speel vir die verkiesing. Hy moet baie harder werk om stemme te werf as Dlamini Zuma. Ons sal weldra agterkom hoeveel van die illusie is positief

Rina ·

En dit word by die dag erger! Gister oor RSG-nuus (julle het seker ook gehoor) het Kenia sy amptenare wat SA besoek gewaarsku – as ek reg onthou teen: openbare vervoer laatnag of seker gedurende dag ook gebruik, gewapende roof en nog paar andere dinge. Toe dink ek aan spreekwoord wat die ouer garde altyd gese het: Dit het laat geword vir ons land – baie laat!!
Skande skande skande!!

Tammy ·

Hulle moet ook vir ontsnapping uit aanhouding aangekla word, want hulle het inderdaad ontsnap. Die sewentienjarige is klaar n krimineel. Moes sy nie nog op skoolbanke gesit het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.