120 beseer toe trein se remme faal

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Ongeveer 120 treinpassasiers is Vrydagaand in Johannesburg beseer, waarvan sommige ernstig, toe ʼn trein se remme nie ʼn gewerk het nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 19:00 na die toneel by Ennerdale-stasie ontbied. “Paramedici het gevind die trein het nie ontspoor soos aanvanklik berig is nie. Dit lyk asof die trein se remme vasgessit het, wat passasiers laat val het,” het hy verduidelik. “In die paniek het sommige van die passasiers uit die bewegende trein gespring.”

Ongeveer 120 mense is matig tot ernstig beseer. Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na verskeie hospitale geneem is.

“Die voorval word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

arie plaasboer ·

Winston,
Dis nie `n grap om te vra “wie was die mechanics” nie.
Hierdie is `n ernstige saak wat tot by sy wortels uitgesorteer moet word. Toe die trein nuut was het die remme na behore gewerk en sou `n ongeluk nie ontstaan het nie. Dit is die “mechanics” en hul toesighouers, ongeag wie of wat hulle is, se taak om te sorg dat dit te alle tye behoorlik funksioneer soos dit gedoen het toe dit nog nuut was.
Enigiets anders is krimineel nalatig.

Streicher ·

Jammer vir daai 120 mense. Die trein waarin ons, ons bevind snel teen n hoe spoed voort. Binnekort gaan hy ook die spoor verloor en die getalle beseerdes en sterftes gaan aansienlik meer wees.

Wilhelm ·

Tiperend aan die land se bestuur – dit snel voort om een of ander tyd te ontspoor hetsy met of sonder remme!

Mike de Beer ·

Ek vermoed dat Jan van Riebeeck weer die skuld gaan kry, en hy was nie eers daar nie .. hy het vleis gebraai by ons – vra my vrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.