120 beslagleggings oor feesgety by grensposte

Sakke efedrien wat tydens 'n vorige geleentheid op OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is. Foto: SAID

Sakke efedrien wat tydens ‘n vorige geleentheid op OR Tambo Internasionale Lughawe gevind is. Foto: SAID

Dwelmhandelaars het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) besig gehou oor die feesgety met byna R8 miljoen se dwelms waarop daar by verskillende grensposte regoor die land beslag gelê is.

Die SAID het Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is 120 beslagleggings in Desember 2016 gedoen, waarvan 63 van dwelms was.

“Die SAID het in die eerste week van die jaar by die OR Tambo Internasionale Lughawe op 7 kg efedrien en 86 ℓ ecstasy beslag gelê ter waarde van altesaam R4,3 miljoen,” het woordvoerder, Janine Mqulwana, gesê.

Mqulwana het gesê die efedrien is in houers in ʼn pakkie gevind nadat ʼn snuffelhond alarm gemaak het. Efedrien is die hoofbestanddeel in die vervaardiging van kristalmetamfetamien. “ʼn Vrou het navraag kom doen oor die pakkie en is ingeneem vir ondervraging voordat sy deur polisiebeamptes in hegtenis geneem is,” het Mqulwana gesê.

Sy het gesê die tweede beslaglegging het Woensdag plaasgevind toe snuffelhonde gereageer het op ʼn besending bokse wat van Nigerië op die lughawe aangekom het. Altesaam 86 ℓ ecstasy is in die houers gevind.

Donderdag het doeane-beamptes beslag gelê op byna 5 kg dagga in die bagasie van ʼn voetganger wat deur die Caledonspoort-grenspos van Lesotho die land binnegekom het.

Mqulwana het gesê die SAID verwag dat meer reisigers hierdie naweek deur die grensposte sal beweeg namate die vakansie tot ʼn einde kom en mense terugkeer huis toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kobus ·

Wat word nou van die dwelms? Word dit ook verkoop om die staat sê koffers aan te vul soos wat die gekonfiskeerde perlemoen verkoop word om MCM se begroting te laat klop?

snoefie ·

ek dink dit word recycle.volgende masnd word dit weer in die kaap gevind en die perlemoen way daar “gevind” was, sal weer op n plot in Germiston “herwin” word. dan kyk dit darem of die polisie “werk” en sukses behaal.

J ·

Kobus ek het aan presies dieselfde gedink. Gaan dit tog nie maar wel strate toe nie. In ander lande kry hulle lewenslank tronkstraf in SA word hul nog diedelfde dag vrygelaat.

L. ·

Dit is wat gebeur as die land deur enige nasie kan inkom.In die jare 70tigs en voor dit was daar baie minder sulke gevalle.

zoom zoom ·

Nou moet ek vir eers weer my onderbroek snuif. Ai dit gaan swaar

Lance ·

Niks om oor te spog nie want dit wys mens net tot op watter vlak dit verswak het ..dis maar die enkeles wat gevang was .. en nou word dit afgeneem en weer verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.