120 skote afgevuur tydens taxi-skietery

Die vuurwapens wat op die toneel gevind is. Foto: SAPD

Die vuurwapens wat op die toneel gevind is. Foto: SAPD

Ten minste 120 skote is afgevuur tydens ʼn skietery by ʼn Durbanse taxistaanplek waarin drie mense dood is, het die hof Donderdag gehoor.

Maj. Mandla Dlamini, die polisiebeampte wat die voorval op 16 September by die taxistaanplek in Brookestraat ondersoek, het aan die hof gesê minstens 120 koeëldoppies is op die toneel gevind. Dlamini het getuig tydens die borgtogverhoor van 11 mans wat vir die moorde aangekla word.

Die 11 mans, wat aanvoer hulle is lede van die Berea Langafstand-taxivereniging, staan tereg op drie aanklagte van moord, twee van poging tot moord en ʼn aanklag van openbare geweld.

Die staat beweer die mans, hoewel die amptelik geregistreer nie, werk almal vir die Sonke Langafstand-taxivereniging wat die roete tussen Durban en Port Shepstone en wat tans deur die Zamokuhle Langafstand-taxivereniging behartig word, wil oorneem. Die beskuldigdes beweer hulle was die dag van die skietery by die taxistaanplek om probleme tussen die Berea-vereniging en ʼn ander taxivereniging te monitor toe daar ʼn skietery tussen Zamokuhle-sekuriteitspersoneel ontstaan het.

Volgens Dlamini word daar steeds gewag op ballistiese verslae, DNS-bewyse en kruitneerslagtoetse wat sal aandui wie die skote afgevuur het.

Dlamini het gesê aanklagte teen die Zamokuhle-veiligheidspersoneel is deur die aanklaers teruggetrek. Hy kon nie redes gee waarom die aanklagte teruggetrek is nie, maar het wel gesê almal wat betrokke was by die skietery, is in hegtenis geneem.

Die borgtogverhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

WAAROOR BAKLEI HULLE? Daar is so ‘n massa mense wat vervoer nodig het!!! Hulle sal ALMAL passasiers hê om op te laai!! MAGTAG!! HULLE MOET NET BYKOM!!!

Vramaarnet ·

Wonder maar net as jy fotos sien van enige aart is die vuurwapens altyd van weermag of polisie oorsprong Wanneer laas is hierie instansies se wapen voorraad nagegaan Polisie wil privaat eienaars ontwapen maar die probleem is duidelik nie hier nie .

Lynette ·

120 Skote afgevuur en net 3 dood? Hulle kan duidelik nie skiet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.