120 vas oor KZN-betogings

Voertuie is op 7 Maart 2016 aan die brand gesteek tydens Isithebe-betogings in KwaZulu-Natal Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Voertuie is op 7 Maart 2016 aan die brand gesteek tydens Isithebe-betogings in KwaZulu-Natal Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Altesaam 120 persone is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings in Isithebe, KwaZulu-Natal nadat voertuie en vier fabrieke aan die brand gesteek is.

“Nog persone kan moontlik in hegtenis geneem word, aangesien die polisie steeds die situasie monitor,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Nog mannekrag is ontplooi.”

Die betogings het Sondagaand begin en openbare polisiëringseenhede is van Ulundi, Empangeni en Newcastle ontplooi.

“Vier fabrieke, ʼn vragmotor, twee motors en vyf vraghouers is Maandagoggend aan die brand gesteek,” het Zwane bygevoeg. “Polisievoertuie is ook beskadig en rekenaars is uit ʼn kantoor by ʼn fabriek gesteel. Die polisie het reeds twee van die rekenaars gevind.”

Zwane het vroeër gesê lede van die betogende gemeenskappe kla oor die herbenoeming van die oudburgemeester vir die komende verkiesing.

Paul Herbst, bedryfsbestuurder van IPSS Medical Rescue, het gesê ʼn paar mense het ligte beserings opgedoen nadat klippe gegooi is.

Isithebe is naby Mandeni, ongeveer 90 km suid van Richardsbaai.

Zwane het gesê die persone wat in hegtenis geneem is, staan tereg op aanklag van openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Saam met die beskawing het die witman ook die vuurhoutjie gebring. Wonder hoe sou Afrika vandag gewees het indien die wittes nie opgedaag het. Ek verneem dat daar ‘n boek geskryf is oor laasgenoemde. Kan iemand my dalk help met inligting?

Liewe Heksie ·

En enige straf wat voorgestel word oeps slip of my mind dit is hul reg om te verwoes waarvoor nog moeite doen om hul te vang hul weet hul sal niks oorkom nie

Theresa B ·

Hulle moan daar is nie werk nie. Hulle moan die salarisse is te min en en en en en en
Maar kyk wat doen hulle – hierdie mense se koppe werk glad nie. Ek kan nie dink dat enige iemand so stupid kan wees en so stupid kan redeneer nie. As jy my vra soek hulle alles verniet en wil maar net nie werk nie. Inbrake en moord is ‘n opsie. Gaan vat sommer die mense se goed waarvoor hulle so hard gewerk het. Dis baie makliker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.