121 studente vas ná betoging by KZN-kollege

Argieffoto

Argieffoto

Polisielede in KwaZulu-Natal het Woensdag 121 studente in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings op die Richtek-kampus van die Kollege vir Tegniese Beroepsonderwys en Opleiding (TVET) in Richardsbaai uitgebreek het.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die studente het in die vroeë oggendure begin betoog en finansiële bystand geëis. “Hulle het kampuseiendom beskadig en vullisdromme aan die brand gesteek,” het hy gesê.

Polisielede van Richardsbaai en die polisie se openbare orde-eenheid is ingeroep. Volgens Naicker het die studente nie ag geslaan op waarskuwings van die polisie nie en ʼn waterkanon is gebruik om die skare uitmekaar te dryf. Die polisie is steeds op die toneel om die situasie te monitor.

Naicker het gesê die studente wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Empangeni-landdroshof verskyn.

Die kollege kon nie telefonies vir kommentaar bereik word nie.

Die Zululand Observer het berig dat die kampus vir die res van die week gesluit is. Studente is die kampus verbied, tensy hulle deur hul ouers vergesel word. Die kollege-bestuur sal glo binnekort met die ouers vergader.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Die skuldiges moet voor die voet geskors word OF hulle moet in hulle vrye tyd help herstelwerk doen!!

Hannie ·

Wanneer gaan hulle die konsep “jy skuld my” uit hulle koppe kry? Die wêreld skuld hulle NIKS! Gaan werk vir die finansiering, of jy kan nie studeer nie. Maar, die ANC mask mos allerlei beloftes wat hulle nie uotvoer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.