123 SAUK-werkers afgedank

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Dinsdag gesê 123 werknemers is vir oneerlike gedrag afgedank wat met bedrog oor ʼn mediese skema verband hou.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, het gesê die afdanking van 123 werknemers sal “met onmiddellike effek” in werking tree ná ʼn ondersoek oor bewerings van bedrog.

“Die uitslag van die onderskeie sake het die SAUK genoop om die werknemers se kontrakte te kanselleer, aangesien ʼn skuldigbevinding aan oneerlikheid in ʼn baie ernstige lig beskou word,” het hy gesê.

Kganyago het gesê 200 werknemers is aanvanklik in die bedrog geïmpliseer. Die SAUK het verlede jaar gesê die 200 werknemers het na bewering met mediese praktisyns saamgespan om die uitsaaier se mediese fonds, wat deur Medscheme bedryf word, te bedrieg. Die ondersoek het egter aan die lig gebring dat slegs 123 persone skuldig is aan oneerlike gedrag.

Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte van die SAUK, het gesê die openbare uitsaaier bly verbind daartoe om korrupsie en bedrog uit te roei en dat sulke sake ernstig hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rupert Ashford ·

Dit is nou ‘n verrassing. So mens kan wel afgedank word as jy oneerlik was in SA? Die nuusgebeure van die afgelope paar dae het my anders laat begin glo…hehehe…

Tonginniekies ·

Nie afgedank vir oneerlikheid nie; omdat hulle uitgevang was. Dit het die lewe vir die res nou moeiliker gemaak.

Johann Marx ·

Hierdie saak is baie groter as wat die berig te kenne gee. Daar is verskeie dokters, hospitale en ander praktyke betrokke wat almal saamgewerk het om nie net Med Scheme nie, maar ook baie ander mediese fondse leeg te tap. As dit nie gebeur het nie, sou al die “eerlike” Mediese fonds lede se maandelikse bydraes aansienlik laer gewees het………maar ongelukkig betaal die “eerlikes” vir die sondes van die skelms. Hierdie is tekenend van wat in Suid Afrika aan die gang is. Daar is nie meer EEN enkele transaksie, onderhandeling, diensteverskaffer, tender, projek of ooreenkoms wat NIE meer ‘n element van korrupsie bevat nie. Almal steel, en almal regverdig dit….want die Prez doen dit dan?

Dee ·

Klaarblyklik vergeet jy kompleet daarvan dat korrupsie bloot ‘n Westerse begrip behels.

arizona ·

Tipies die mentaliteit. Vat alles vir granted. Ek het nie n mediese fonds nie want ek kannie een bekostig nie. Ek sal wat gee om n mediese fonds te hê vir my en my twee jarige. My werk bied dit nie aan nie en ek kan dit nie bekostig nie. Hulle kry dit op n silver skinkbord en neek dit op. Weet jy…..

tamboti ·

Ek sou daarvan hou dat die skuldige werknemers en ook die dokters en hospitale siviel vervolg word en al die bedrog geld terug ge-eis word, dit sal vir hul ‘n ware straf wees en ander afskrik! OOK moet die skelm dokters en ander se lisensie teruggetrek word.

Joann ·

As ons prez dit kan doen hoekom nie ander nie? Sies ons is n skaamte vir ander lande

Griki ·

As oneerlikheid en bedrog so ernstig opgeneem word deur die SAUK, waarom sit Motsoeneng nog daar? Hy’t bedrog gepleeg deur voor te gee dat hy kwalifikasies het wat hy nie het nie en homself ‘n massiewe verhoging gegee.

Cilliers ·

Ek sien julle by Maroela handhaaf hoofsaaklik die verwysingsgebruik van “SAUK”. Goed so! Hou dit so!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.