128 vas vir misdaad in één voorstad

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie van Blue Downs in die Wes-Kaap het 128 mense in hegtenis geneem in verband met ʼn verskeidenheid misdade in en om dié gebied.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die mans is in hegtenis geneem vir misdade soos onder meer moord, poging tot moord, die besit van onwettige wapens en roof.

Rwexana sê verskeie stasies in dié voorstad het onder meer gehelp om 20 verdagtes vas te trek wat deur die polisie gesoek word vir ernstige misdade in die omgewing.

Die polisie het tydens dié proses beslag gelê op sowat 200 liter alkohol én dwelms met ʼn geraamde waarde van R10 000.

ʼn Man is onder meer ook vasgetrek vir die besit van ʼn onwettige wapen en ammunisie.

Al die verdagtes sal binnekort voor die hof verskyn.

Die SAPD het die betrokke polisiestasies en -lede geprys vir hul harde werk en dat hul vreesloos werk in situasies wat dikwels hul eie lewe bedreig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lollie ·

Indien hulle dit gereeld kan doen in elke dorp sal hulle sien hoeveel misdadigers daar werklik is. Wat gaan van hulle almal word? Die tronke is vol en in ieder geval is hulle straf te lig. Niks skrik hulle af nie.

Karma ·

Ek sê nog hulle moet maak soos in Amerika. Rig kampe op met ‘chain-gangs’. Gevangenes slap in oop tent-hokke en word soggens uitgestuur in ‘gangs’ van tot 12 mense wat aan mekaar en die voertuig wat hulle vervoer, geketting is, opgepas deur genoegsaam swaar-gewapende wagte wat nie nonsense vat nie. Hulle moet in die somerhitte of winterkoue openbare werke soos skoffel langs die hoofweê of pale plant vir heinings, vee en skoonmaak of in ‘quarries’ werk – klippe kap. Hulle kry kos soos wat hul uitset vir die dag was; hoe meer jy verrig het of hoe minder moeilikheid jy gemaak het, hoe meer was jou kos en voorregte. Maar g’n TV, warm komberse en warm klere of goeie kos as jy dit nie verdien het nie. En hulle kry nie sommer-sulke vonnissetjies nie en daar is nie iets soos parol vir goeie gedrag nie. As jy 3 jaar kry, sít jy daai drie jaar! Dit is nou natuurlik nie vir wrede of gewelddadige misdade nie.

Magic ·

Welgedaan!!!! Doe so voort, woonbuurt na woonbuurt! Trots op SAPD.

Theresa ·

Hoop jul lees hier dat ons DANKIE sê vir plig uitgevoer. Maak skoon die land van misdadigers.

De Villiers ·

Dis skrikwekkend om te dink dat soveel gearresteer is in net éên voorstad. Hoeveel ander voorstede is daar nie in ons land nie. En dis net die ouens wat gevang is, hoeveel ander kon nie opgespoor word nie! Dis geen wonder dis so wetteloos nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.