13 beseer toe bus aan die brand slaan

Die bus wat op die M19 voor die N2-wisselaar in Durban aan die brand geslaan het (9 Julie 2016) (Foto: Rescue Care)

Die bus wat op die M19 voor die N2-wisselaar in Durban aan die brand geslaan het (9 Julie 2016) (Foto: Rescue Care)

Minstens 13 persone is beseer toe ʼn bus Saterdag op die M19 voor die N2-wisselaar aan die brand geslaan het.

“Paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied toe die Durban Transport-bus aan die brand geslaan het,” het Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Die bus was in vlamme gehul toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Volgens Lennox is die 13 persone in die bus vervoer toe die brand uitgebreek het. “Hulle het geringe tot matige beserings opgedoen en is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Alle insittendes kon ontsnap voor die bus in sy geheel in vlamme gehul is.

“Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie. Die polisie en brandbestryders van Durban was op die toneel en stel verder ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wern ·

Ek het gehoor van n bus vol passasiers in Durban wat deur betogers opsetlik aan die brand gesteek is en dat hulle beseer was toe hulle uit die bus vlug. Indien betogers waarlik die oorsaak van die brand was, die brand van n bus vol mense, dan is dit n heeltemal ander storie. As dit waar is dat betogers nou al busse MET MENSE BINNE AAN DIE BRAND STEEK Dan beweeg ons nou n nuwe era binne, wat n baie ernstige situasie is.

johannes fourie ·

Skep glad nie n goeie klimaat vir toerisme indien dit die geval was nie

Asseblief ·

Stem saam as dit veroorsaak is agv brandstigting. MOET dit in die kiem gesmoor word.
Dis verby gevaarlik.

Wern ·

Dan is dit poging tot moord, en dit sommer n klomp onskuldige mense op een slag. Dit is dan n groot teken van failed state, agteruitgang op groot skaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.