13 beseer toe markeetente in Humansdorp meegee

Skermskoot uit 'n video wat die gebruiker @HeraldPE op Twitter gelaai het

Skermskoot uit ‘n video wat die gebruiker @HeraldPE op Twitter gelaai het

Dertien persone, waaronder nege kinders, is Saterdag beseer toe twee markeetente by die Wêreld Visserydag in Humansdorp in die Oos-Kaap meegegee het.

“Twee van die strukture het meegegee,” het Bomikazi Molapo, woordvoerder vir Senzeni Zokwana, minister van die departement van landbou, vissery en bosbou, gesê. “Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het nie. Die regering sal ondersoek instel.”

Altesaam 13 persone, insluitend nege skoolgaande kinders, het geringe beserings opgedoen. Hulle is by ʼn plaaslike hospitaal behandel.

Zokwana en Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Oos-Kaap, wat die skare by die plaaslike stadion toegespreek het, het om verskoning gevra vir die feesgangers. Hulle het die beseerde kinders by die hospitaal se ongevalle besoek.

Molapo het bevestig al die kinders is reeds ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Gaan kyk op Youtube vir die korrekte opslaan van hierdie tente. Dit geld vir alle weersomstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.