13 beseer toe taxi van hoofweg rol

Foto: Verskaf.

Dertien mense is Sondagaand beseer toe die taxi waarin hulle gereis het van die N1-hoofweg geloop en gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het ongeveer 80 km buite Bloemfontein naby Winburg plaasgevind.

Volgens Meiring het die taxi op sy dak gelê toe paramedici saam met ander nooddienste by die toneel opdaag. “Sommige mense is in die taxi aangetref en verskeie ander buite die taxi,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is twee mense kritiek beseer, agt het matige beserings opgedoen en drie ander het slegs geringe beserings opgedoen.

“Een van die kritiek beseerdes is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir dringende mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Die ander beseerdes is per ambulans na verskeie Bloemfontein-hospitale vervoer.
Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.