Dertien mense is Sondagaand beseer toe hulle van ʼn bewegende trein naby Wellington in die Wes-Kaap gespring het nadat ʼn brand op die trein uitgebreek het.
Robert Daniels, ʼn woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die brand het omstreeks 19:00 tussen die Soetendal en Hebron-treinstasies uitgebreek. “ʼn Elektriese probleem het vermoedelik die brand veroorsaak,” het hy gesê. “Die mense het paniekerig geraak en van die trein af gespring.”
Die mense is na ʼn nabygeleë hospitaal en kliniek geneem vir verdere behandeling.