13 departementshoofde aangekla vir ‘vermorsing van miljarde’

Monique Taute en Ernst Roets van AfriForum. Foto: Phillip Bruwer

Monique Taute en Ernst Roets van AfriForum. Foto: Phillip Bruwer

Altesaam 13 departementshoofde van agt provinsies in die land gaan strafregtelik aangekla word vir wanbesteding van R11,63 miljard belastinggeld.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag sy nasionale veldtog oor wanbesteding, “Genoeg is Genoeg”, tydens ’n mediakonferensie in Centurion bekend gestel. Dit is die heel eerste veldtog van sy soort.

As deel van dié veldtog gaan AfriForum oor die volgende twee weke agt provinsies besoek waartydens strafregtelike klagtes ingevolge artikel 86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur van 1999 teen die 13 provinsiale departementshoofde ingedien sal word.

AfirForum het tydens die mediakonferensie R7 miljard se fopgeld in die lokaal vertoon om ’n kwart van die geld wat vermors is uit te beeld. Foto: Phillip Bruwer

AfirForum het tydens die mediakonferensie R7 miljard se fopgeld in die lokaal vertoon om ’n kwart van die geld wat vermors is uit te beeld. Foto: Phillip Bruwer

Dié 13 departemente is deur die burgerregte-organisasie geëien as die hoofbydraers tot onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes, wat altesaam R11,63 miljard van die algehele vermorste bedrag van R28,26 miljard vir die 2014/2015-boekjaar beloop. Dié inligting is bekom uit die ouditeur-generaal (OG) se algemene gekonsolideerde jaarverslag. AfriForum het ook die jaarverslae van die onderskeie departemente bestudeer.

AfirForum het tydens die mediakonferensie R7 miljard se fopgeld in die lokaal vertoon om ’n kwart van die geld wat vermors is uit te beeld.

Die eerste klagtes is ná die mediakonferensie teen die vier Gautengse departementshoofde by die Johannesburg-Sentraal-polisiestasie ingedien. Dié departemente is onderskeidelik die departement van paaie en vervoer, gesondheid, onderwys en menslike nedersettings. Van dié vier is die departement van paaie en vervoer volgens die OG-verslag die grootste sondaar: onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes vir dié departement beloop R2,19 miljard, meestal vir dié departement se hantering van die e-tolstelsel.

IMG_2738

Foto: Phillip Bruwer

Daar sal soortgelyke klagtes by al die provinsies, buiten die Wes-Kaap waar die OG-verslag geen melding maak van vermorsing nie, aanhangig gemaak word. Die klagtes sal by die naaste polisiestasie aan die betrokke skuldige departement aanhangig gemaak word. Die organisasie gaan ook druk op die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) plaas deur gereeld vir opvolginligting oor die sake te vra.

Die vermeende sondaar in Mpumalanga is die departement van gesondheid. In Limpopo is dit die departemente van gesondheid en onderwys. In die Vrystaat is dit die departemente van onderwys en menslike nedersettings. In die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal is die departement van gesondheid in die visier.

“Die wanbesteding van belastinggeld is ’n nasionale krisis. Dit is tyd dat belastingbetalers druk op die NVG plaas om ’n voorbeeld van departementshoofde te maak wat nie hul pligte ingevolge die wet nakom nie. Dié departementshoofde is van die grootste bydraers tot die vermorsing van belastingbetalergeld,” het Monique Taute, AfriForum se nasionale veldtogkoördineerder, by die konferensie gesê.

As die departementshoofde skuldig bevind word, kan hulle ʼn boete of vyf jaar tronkstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Werner Olivier ·

Dankie Tog, iemand doen iets en my lidmaatskap maak ‘n verskil. Druk hulle in die rooi!

Oupa D ·

Skitterende werk!! Iemand doen iets daadwerklik, nie soos die onsinnige gedreun van die ANC oor hulle sogenaamde planne nie. Ai, wanneer sal ons ontslae wees van die ‘baantjies-vir-boeties’ party??

Willie ·

Absoluut n veer in die hoed vir AfriForum! Wel gedaan, ek bly n trotse lid!

Oupa Neels ·

Hoekom kan die regering nie hierdie mense vasvat nie. Dis goed so AfriForum neuk hulle op

Anoniem ·

Want die regering is deel van die wat ons belastingbetalers indoen..Hul maak hul sakke vol van jou en my geld oupa Neels!!!!!!!!!!!!

Mielie ·

Welgedaan AF. Hoop hierdie mense word vervolg en gaan tronk toe. Moet n voorbeeld van hulle maak. Kan julle iets om trent die leier van die EFF doen, na die naweek se uitspraak teenoor blankes, dis tyd dat “Mnr te groot vir Sy skoene” ook aan gevat word en ook soos JZ Sy g@t sien

Nita ·

Skande die vermorsing van geld van die hardwerkende belastingbetaler! ANC kyk mooi waarheen julle op pad is. Neem kennis van hoe Zimbabwe lyk na 36 jaar. Julle ry nog op die kruin van die golf wat die wit, gehate, kolonialiste tot stand gebring het. Dit sal nie vir ewig hou nie. Nie eers 50 jaar nie!

Koos ·

Die FMA maak wel voorsiening dat DeptsHoofde aangekla kan word vir wanbesteding van staatsfondse. Die OG het wel gerapporteer maar het hulle aanbeveel dat die Dept Hoofde ingevolge die wet aangekla moet word? Die konsep wanbesteding het verskeie menings wat n OG verslag betref. Wat wel in die meeste gevalle plaasvind is wanbestuur, die afwyking van instruksies en procedures. So afriforum moet seker maak dat hy die regte inligting het voor hy n boo boo van homself maak. AL wat gaan gebeur is dat hierdie Hoofde staatsfondse gaan gebruik om hulle self te verdedig en Dan verder ondergeskiktes gaan blameer vir die ongeruimdhede

broos ·

as julle hierdie fight kan wen word ek ook ‘n lid!! hoop van harte julle doen

Flintstone ·

Ja,ja maak ‘n groot bohaai oor wat julle gaan doen.Bevind hulle skuldig en laat elkeen ten minste 10 jaar sit,dan praat ons weer.Nie die groot bohaai en twee maande in die tjoekie dan gaan almal skielik dood net om wonder bo wonder 4 maande later ewe kordaat op die gholfbaan beriggewers te loop en vloek en dreig nie.

Lance ·

What a hot steamy mess …. dat dit weer mense van buite moet vat om die verotting en verval uitewys en aantespreek … mens leer seker om eerlik of skelim te wees met jou agtergrond as verwysing veral in jou vormingsjare ….of is dit in mens se DNA wonder ek nou

KarooKlong ·

Wonder wie se geld is gebruik om die jordaan/zuma bord in PE te finansier en ook die regskostes wat volg.

HEVW ·

Dit het baie vinniger gebeur as wat selfs die verregses gedink het en teen gewaarsku het. Dit laat my die vraag vra; Was apartheid regtig so sleg? Net in enkele jare ontaard n sterk gevestig de en n ontwikkelde eerste wereldland in n oewerlose gemors en die swem is eindeloos ver. Ja herstelloos.

Humor ·

Maroela selfs hier op die uithoeke van Namibie lees ons vanoggend op die voorblad van Raport die erge nuus van z en van sy ministers. Ons wil van jul kant baie graag inligting kry. Ook malema wat die witmense waarsku om nie so bly te wees oor z wat moet gaan nie want ons is die volgende aan die beurt. Hierdie man sal beslis op sy plek gesit moet word. En ook betyds.

Henry ·

Afriforum julle is ysters!!!
Maak mens baie trots om lid te wees.

Tiger ·

Die 5 jaar tronkstaf OF boete storie stel my teleur.Die ‘wat skuldig bevind word hoort ten minste 10 jaar agter tralies te wees SONDER die keuse van ‘n boete want boete geld het hulle al bymekaar gemaak!Goed gedaan AfriForum.Nou vir AL die munisipale bestuurders wat nie hul pligte nakom nie . . . . . .

alida ·

Mooi so Agri Forum !!!!! Krap tot julle alle oop het. Stel sommer ondersoek in by die hospitale wat in chaotiese toestande is. Die verpleegsters is nie opgelei nie maak asb werk daarvan. Waar gaan die geld heen. Asb hou net aan !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.