13 gevangenes ontsnap uit aanhouding

Argieffoto

ʼn Totaal van 13 verhoorafwagtende gevangenes het Vrydagaand uit die Seshego-polisiekantoor buite Polokwane in Limpopo ontsap.

ʼn Voorlopige ondersoek het bevind die gevangenes het omstreeks 21:30 tydens ʼn roetine-ondersoek uit die aanhoudingselle ontsnap, het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Toegewyde taakspan, onder leiding van genl.maj. Sam Mokogonyana, bevelvoerder, is op die been gebring om die gevangenes op te spoor. Die taakspan bestaan uit speurders, lede van misdaadintelligensie en misdaadvoorkoming.”

Die gevangenes wat in hegtenis geneem is op aanklag van sakeroof en oortreding van die Immigrasiewet, is geïdentifiseer as Jeffrey Sekunda (40), Alex Chinengo (26), Usher Hamadanisa (27), Edmore Madzudzu (34), Concelia Musengeni (35), Jeffrey Duvenegwa (37), Tenashe Moyo (24), Elvis Charo (26), Ida Jana (20), Cosia Mabena (19), Ludwick Dube (19), Luckson Manyangadzi (31) en Mishack Brian (19).

Die polisie het lede van die gemeenskap gevra om enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die ontsnaptes aan te meld by kol. Simon Mogale by 071 479 2329 of Stop Misdaad by 08600 10111.

“Die omstandighede rondom die voorval is die onderwerp van ʼn interne sowel as kriminele ondersoek,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Inside job

Zoom Zoom

EK het sowat 34 persone langs die pad in Pretoria Wes wat gewag het vir ‘n taxi gevra wat hulle name is, en nie een van hulle het die name wat julle in julle berig na meld. Sorry EK het probeer help.

Gert van Wierdapark

Miskien was die ouens gou Kentucky toe, maar het toe nie hul woord gehou nie en ge-A-wol sonder om iets vir die poliesmanne terug te bring?

Johanna Botha

WEER !

Neels

Vrot appels in die SApD. Nie bek of sy voorganger of toekomstige opvolger sal die vrot appels uitgeroei kry nie