13 gevonnis vir ‘een van die grootste kontantrooftogte in SA’

Argieffoto: Nico Strydom

Altesaam 13 verdagtes onder wie ʼn voormalige lid van die Valke en twee polisielede is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir “een van die grooste kontantrooftogte wat nog ooit in Suid-Afrika uitgevoer is”.

Bhekane Welcome Gcabashe (48), die oud-Valkelid, Lekele Reckon Lekola (46) en Tamsanqua Gladstone Khubeka (36), die oud-polisielede, en Petra December Nkosi (31), Elmond Jackie Matlala (41), Robert John Clack (27), Lesly Skhumbuzo Khathi (35), Enock Siphiwe Khumalo (53), Elkin Sibusiso Shabangu (39), Nathaniel Zithulele Hlathi (44), Titus Maila (45), Teenage Mabogoane (34) en Desmond Moses Abdullah Mohlamonyane (43) het Vrydag hul lot in die hooggeregshof in Delmas gehoor.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die groep is skuldig bevind daaraan dat hulle op 27 April 2014 toegang tot ʼn SBV-kontantmagasyn verkry het deur voor te gee dat hulle van dié maatskappy se hoofkantoor is en deur polisielede betrek word om ʼn ondersoek uit te voer. Die groep het aangevoer dat hulle beweerde misdaad by die kantoor moet ondersoek.

“Nadat hulle toegang tot die perseel verkry het, is die personeel en veiligheidswagte oorweldig,” sê Sekgotodi. “Die beskuldigdes het toegang tot die kluis verkry met behulp van ʼn industriële boor en met ongeveer R105 miljoen op die vlug geslaan. Die gevangenes het sommige slagoffers in aparte voertuie gedwing en hulle ontvoer. Hulle het verder ook probeer om van die slagoffers te vermoor deur ʼn onbekende gifstof aan hulle toe te dien.”

Die groep is skuldig bevind aan sameswering om te moor, roof met verswarende omstandighede, ontvoering, poging tot moord en die kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het die ondersoekbeamptes, lede van die Valke, die polisie en die “objektiewe regbank” geprys.

“Hierdie vonnisoplegging wys dat die skuldiges wel deur toewyding van die polisie vasgetrek en gevonnis kan word. Ons wens die ondersoekspanne geluk en spoor hulle aan om met die goeie werk voort te gaan,” sê sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willem ·

Net 20jr ?????? hulle moes lewenslank gekry het vir al die geld wat hulle alreeds geblaas het en ons belasting voor betaal…!!!!!

DMC de Koker ·

Roof verswarend was voor die uitspraak in S v Makwanyane ‘n doodsvonnis bevoegde misdryf.

pieter ·

Baie bly oor die vonnisse maar hul sal waarskynlik n maksimum van 10 jaar sit agv oorvol tronke ens. en dan waarskynlik weer aangaan met rooftogte.

Potlood ·

En Waar is die geld?
Vir my klink dit eerder of hulle lekker score hier want hulle gaan amper minder tyd in die tronk sit as wat ek my huis afbetaal…

Justice ·

Hoeveel van die R105 m is terug gekry? Ek verstaan dat genoegsame befondsing die tronklewe baie makliker met ekstra voordele vir die misdadiger kan maak.

Amelia ·

Wel eers het ek gedink dit is n goeie vonnis. Maar nadat ek gelees het wat hul als gesondig het, dink ek amper die doodstraf sou die regte vonnis gewees het. In SA het n lewe geen waarde nie. Behalwe natuurlik die moordenaars, hul word beskerm tot die dood.

negative uninformed people makes me sick ·

Carol if you stop assuming and change your attitude maybe you will not be such a negative person, same old story everyday from you. Seems like you hate police in general. do you have a personal experience that you can share? there is Loyal and honest, hard working police men and women . just for your information -The commissioned officers in the force are 57% black, 28% white, 10% coloured, 2% Indian; 70% male, 30% female. Non-commissioned officers are 78% black, 10% coloured, 10% white, 2% Indian; 78% male, 22% female. please keep yourself busy to find out the strength of the Police and see what % is bad.

JG ·

@uninformed people makes me sick : van waar die oordrewe bewondering vir SAPS ??

Hans ·

Ek is dankbaar dat ek kan sien ek staan nie alleeen in hierdie een nie. Mense moet besef dat daar wel en heel moontlik n groot hoeveelheid van hul bereid is om te sterf vir dit wat goed is. Ja dit is ongelukkig dat daar deesdae soveel gevang word dit skep n slegte beeld en die mense wil dit uitbuit vir eie gewin wat dit ookal mag wees. tog is ook n goeie ding dat die dooie takke uitgesny word sodat die boom weer gesond kan word.

JG ·

@ negative uninformed people makes me sick…van waar die oordrewe bewondering vir SAPS ?

NUPMMS ·

JG nee geensins en het beslis geen oordrewe bewondering vir SAPD nie, net feite , sekere mense is oordrewe met hul ewige opmerking almal in SAPS is sleg , JG…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.