13 in hof oor plundery van spogmotors

Vandale takel die luukse motors (Foto: Skermskoot)

ʼn Groep van 13 mans sal Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn in verband met die plundery van spogmotors by ʼn motorhandelaar in die stad.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer 40 mans het op 17 Februarie by die motorhandelonderneming, The Toy Shop, in Brooklyn opgedaag en die werknemers met vuurwapens gedreig. Hulle het twee van die voertuie geëis. Toe hulle nie hul sin kry nie, het hulle die luukse voertuie op die vertoonvloer met voorwerpe geslaan.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê 13 van dié groep mans is verlede Donderdag en Vrydag vasgetrek. Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof en kwaadwillige saakbeskadiging.

Net ná die voorval het ʼn video van die voorval soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei. In die video kan duidelik gesien word hoe die mans die motorvertoonlokaal binnegaan en die luukse motors op die vertoonvloer se vensters met voorwerpe flenters slaan. Van hulle gooi die voertuie met voorwerpe en skop duike in die bakwerk.

Altesaam agt van die voertuie is in die proses beskadig. Van die werknemers se selfone is ook gesteel.

Die motorhandelonderneming wou op navraag nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Suzette

Sal seker net verskyn en dan verdwyn….. soos gewoonlik. Dink nie hier gaan enigiets van kom nie. Die motorhandelaar sal seker maar met sy versekering self die skade dra.

Willem

Saak beskadiging? Wat van die rig van vuurwapen?

Dries

Ek vermoed hier sit meer hieragter, moontlik weerwraak.

Genis

Hierdie was mos n rampokkery van formaat? Baie slange in die gras hier versteek…

Astrain

BLAH, BLAH BLAH….KLINK SOOS ONSE EERBARE PRSIDENT…BAIE PRAAT – NIKS AKSIE!