13 in Wes-Kaap huis geskiet, 3 dood

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na leidrade ná 13 mense Maandagaand onder verdagte omstandighede geskiet is.

Die voorval het omstreeks 20:45 in ʼn huis in Tiaraweg, Leonsdale, plaasgevind.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê speurders in Elsiesrivier fynkam die toneel vir leidrade.

“Drie mans van onderskeidelik 50, 37 en 17 jaar oud is doodgeskiet en tien ander tussen 15 en 53 is gewond. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling,” het Rwexana gesê.

Drie vroue en sewe mans is onder dié wat tydens die voorval gewond is. “Die voorval is inderdaad vreemd. Die polisie is besig om alle moontlikhede te ondersoek,” het Rwexana aan Maroela Media gesê.

Die polisie het enige iemand met inligting oor die voorval versoek om Sers. Kleinbooi by 082 302 9938 te kontak.

Rwexana het die noue band tussen die polisie en gemeenskapslede in die Wes-Kaap beklemtoon en gesê dis uiters belangrik vir die veiligheid van die gemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.