13-jarige by laerskool doodgesteek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 13-jarige leerder aan ʼn laerskool in die Vrystaat is Vrydag deur ʼn medeleerder voor haar klasmaats en onderwysers doodgesteek.

Phemelo More, ʼn gr. 7-leerder aan die Senzile Combined School in Hertzogville, is deur ʼn gr. 6-leerder van ʼn naburige skool met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die voorval het op die skoolterrein, ten aanskoue van ander leerders en onderwysers, plaasgevind.

Die Vrystaatse departement van onderwys het sy skok met die voorval uitgespreek en gesê dat skole plekke van onderrig en nie sentrums van geweld behoort te wees nie.

Die polisie ondersoek nou die saak.

Phemelo is die derde Vrystaatse leerder in drie weke om deur ʼn medeleerder doodgesteek te word.

In ʼn ander voorval Donderdag het ʼn 22-jarige leerder ʼn medematrikulant tydens ʼn ete by ʼn matriekkamp in Bloemfontein doodgesteek. Dit kom slegs twee weke nadat ʼn gr. 11-leerder aan Lerato Thando Secondary School in Harrismith  ʼn gr. 9-leerder aan dieselfde skool met ʼn mes doodgesteek het.

“Ons vra ons skole se bestuur, beheerliggame en leerders om veiligheidsmaatreëls by skole te verskerp en hande met plaaslike polisiestasies te neem. Leerders moet ook ophou om gevaarlike items en wapens skool toe te neem,” het Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gert ·

Hoe verantwoordbaar is daai 13 jarige leerder en wat gaan met hom of haar gebeur? Nog nie eers in die hoërskool nie en klaar n moordenaar

Sarel ·

1. Leerder van ander skool….hoekom was die persoon
Op die Terrein
2. 22 Jaruge Leerder….wat soek die persoon nog in die skool???

Sarel ·

Onderwysers & Beheerliggamec word nie tiegelaat om.pp te tree nie. Pas Dkoolhoof disdipline toe
Word hy geskors…

Anel ·

Nou wonder ek hoe oud is die moordenaar. Want die een wat dood is, was 13 en in gr 7. Die moordenaar is in gr 6. Seker baie ouer as wat veronderstel is om te wees. Soos die een van 22 wat in matriek is en ander mayriek dood steek. En nou wil die regering hê diesulkes moet saam ons kinders skool gaan!!! Dit is ook die lot wat op ‘n stadium die land moet regeer, dokters word ens!!! En wst ons in diens moet neem, of…..!! Behoede ons!!!!

AW ·

Hierdie berig sê vir my dat daardie kind in ń disfunksionele gesin/omgewing lewe !!

Ongeag ń kind se velkleur en of gekoof , sulke dinge mag nie en moet nie gebeur.

So,

Waar en Hoe is daardie kind gefaal!!

Meeste kinders in SA, word deur n enkel ouer “versorg” of deur n Ouer Broer of Suster, of deur die ouma of n ander Famikie lid.

Al het n Kind ń Moeder en Vader, beteken dit ook nie dat daar aan die kind secmens wees op alle vlakke voorsien word nie.

Werkkik Hartseer.

Klipkop ·

Jou beredeneringsfout, is ‘n fout van ontkenning oor die werklikhede wanneer jy sê “ongeag”. Ons moet die feite in ag neem.

Waarnemer ·

Daardie “kind” is deur die stelsel gefaal….geen lyfstraf,geen doodstraf…..n 22 jarige in matriek…..op skool tussen minderjarige kinders,messe en vuurwapens wat skool toe gebvring word,onderwysers wat geskors word as hulle hardhandig op tree teenoor n probleemkind…..die hele stelsel is siek…..

Di ·

Volgens die berig het in ‘n ander geval ‘n 22-jarige leerder ʼn medematrikulant doodgesteek! Hoe kan hulle toelaat dat ‘n 22 jarige nog ‘n skool bywoon. Genade, daar moet ‘n ouderdoms beperking wees in die skole. Op 22 is jy al ‘n man en moet jy al in ‘n kollege wees of werk!

Blomme ·

Ongedissiplineerde gedrag in skole kan gemaklik voor die deur van die regering/departement gelê word. Onderwysers mag mos nie meer optree nie dan is hulle in die moeilikheid. Kinders kan doen wat hulle wil maar moet terug in die skool toegelaat word na ń oortreding. Skep goed kan in ń kind se sak versteek wees want die skool mag mos nie meer sakke deursoek nie. Mos teen die kind se mensregte… So… Dit is die uitkomste daarvan.

Harley Davidson ·

Opvoeding, bring terug die rotang en godsdiens in skole.

Malan ·

Dit alles omdat hierdie gangster-ANC-regering nid glo in dissipline nie.

Hennie ·

Die goed haal nie eers meer die nuus nie… Waar is ou Lê-soufie nou?

Eugene ·

Eerstens wys dit wat n tekort aan tuis dissipline veroorsaak en tweedens wat soek n 22 jarige man in n mstriekklas. Die regering misluk elke dag meer en meer

AmY ·

22 en in matriek?
Hoe is dit moontlik?
Ek was onder die indruk jy mag hulle nie meer terughou (laat druip) nie?

Nie Verbaas ·

22 Jaar oud in graad 12 verduidelik heelwat van verstandelike vermoë. Hy sal seker nog n meriete meestersgraad ook kry en dan aangestel word as n finansiële direkteur by n top firma.

Karen ·

Jammer maar “polisie ondersoek die saak” wat de dinges! Daar is niks om te ondersoek nie? Onderwysers en leerlinge het dit sien gebeur?

anniekiewiet ·

“Ons vra ons skole se bestuur, beheerliggame en leerders om veiligheidsmaatreëls by skole te verskerp en hande met plaaslike polisiestasies te neem” ……. Dit sal nooit die plek van ordentlike dissipline en opvoeding kan inneem nie. Maar hoe moet ouers en onderwysers dissipline toegepas kry as dit teen die wet van hierdie ongelukkige land is?

Klipkop ·

Hoekom is hulle geskok oor ‘n kultuurverskynsel wat allesaags is onder sekere groepe in die samelewing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.