13-jarige glo eers dronk gemaak en toe verkrag

alkoholʼn 23-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagaand ʼn 13-jarige meisie na ʼn kroeg toe geneem en haar daarna verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die verdagte het die meisie na ʼn kroeg in Zola in Soweto geneem. “Hy het haar glo te veel alkohol laat drink, en daarna na sy huis geneem waar hy haar na bewering verkrag het,” het Makhubela gesê.

Die meisie se ouers was nie by die huis toe sy na die kroeg toe is nie. Toe hulle tuiskom, het hulle haar vermis. Sy het later vir haar ouers gesê sy is verkrag, en ʼn saak is aanhangig gemaak.

Die man behoort binnekort in die Protea-landdroshof te verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blikskim ·

Word die ouers ook aangekla? 13 jaar oud en sy gaan uit met ‘n man van 23? Ek weet nie wat hulle dit hier noem nie, maar in Amerika word dit “reckless endangerment of a minor” genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.