13-jarige in hof ná moord op klasmaat

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 13-jarige leerder sou Woensdag in die hof verskyn het op aanklag van moord op ʼn klasmaat.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, is die leerder Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 14-jarige klasmaat in die Mateane Primary School in Delareyville in Noordwes met ʼn skêr doodgesteek het.

Tselanyane sê dat die slagoffer gevra het om die klas te verlaat om sy hande te gaan was aangesien dit tyd was vir die leerders se maaltye wat deur die regering se Nasionale Skoolvoedingsprogram aan behoeftige leerders by die skool verskaf word.

“Die verdagte is ook buitentoe. Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar toe die slagoffer terugkom, is hy met ʼn skêr gesteek,” sê Tselanyane.

Hy sê dat die slagoffer terug klaskamer toe is waarna hy weer na buite geneem is. Hy het daar inmekaargesak. Die skoolhoof is ontbied en die slagoffer is na ʼn kliniek in Atamelang geneem waar hy dood verklaar is, sê Tselanyane.

Die departement van onderwys in die Noordwes het gesê hulle is hartseer om van die voorval te verneem.

Freddy Sepeng, woordvoerder van die departement, sê ná die voorval is die nodige reëlings getref om berading aan die skool se personeel en leerders te bied.

Dié voorval volg enkele dae nadat ’n ouer ’n onderwyser by Laerskool Leema in Tlhatlhaganyane, ongeveer 60 km van Rustenburg, aangeval het.

Die ouer, Itumeleng Letsepe, het na bewering die onderwyser, Mpuseng Sepotokele, met ʼn sambreel aangeval nadat sy die onderwyser daarvan beskuldig het dat sy haar kind glo sleg behandel.

Letsepe is in hegtenis geneem en sal na verwagting op 4 Maart weer in die Mankwe-landdroshof in Mogwase verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Thinus ·

En nou wil Lesufi sulke kriminele in ons Afrikaanse skole loslaat om ons kinders se lewe in gevaar te stel? Bly net waar julle is…

Bert ·

Thinus, ek is bevrees ons het nie meer ‘n sè in die dinge nie, ons het 24 jaar gelede Ja gestem om boedel oor te gee.
Nou kan hulle maak soos hulle wil!

Sarel ·

Thinus, dit is nou demokrasie en humanisme . Nou skop alle menseregte Vir die Jong moordenaars in. Nou ontvang hy al die bystand en hulp moontlik en die vermoorde see familie most sien en Kom klaar.

honourable member ·

Se ek ook Thinus. 13 en klaar n moordenaar. Ons het nie sulke mense in ons skole nodig nie.

Sorry om te sê ·

Wat jy saai sal jy maai ook. Baie geluk aan die anc met hulle GEEN LYFSTRAF beleid. Ja Thinus die hoeveelste geval is dit nou al van moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting, gewone aanranding, intimidasie en raai wie is ALTYD betrokke.

zeno ·

Die Ja stemmers vand destyds moet nou antwoorde gee. Ek`s bly ek is nie onders hulle nie.

Snowball ·

SA se geweldadige samelewing word weerspieël in ons skole. Kinders mimiek waarmee hulle grootword en waaraan hulle elke dag blootgestel word. Gruwelik!

jaco ·

Die ja stemmers het darem aanhou DA stem tot vandag toe. Die nee-stemmers daarenteen het al hoe minder geword. Amper 1 miljoen nee stemme in 1992 is af na 425 000 vir die Vryheidsfront in 1994 en toe af na 170 000 vir die VF-Plus in 2016. Ek weet mense gaan dood en ek weet mense verlaat SA, maar 500 000 stemme vir die VF-Plus kan nog steeds moontlik wees.

Pieter ·

Net soos volwasse mense, kan tieners en kinders onder 10 jaar ook moordenaars wees om verskillende redes. Gaan Google dit maar. Kinders wat moor het niks met `n Ja of Nee stem te doen nie.

Gaitsigubib ·

Ek het al genoem hoe algemeen skerstekery in skole geword het maar dit word nooit geplaas nie omdat ek ‘n sekere ikoon (of afgod) se naam daaraan koppel. Die eerste sker steker in ‘n skool in Vryburg, Andrew Babeile, het feitlik ‘n held geword toe hy ‘n blanke kind met ‘n sker gesteek het. Mandela het hom in die tronk besoek en hom boonop R20’000.00 in die hand gestop. Waarom is almal nou verbaas dat dit ‘n algemene verskeinsel geword het?

Engela ·

Bring terug dissipline in skole
Dit is nie kinder mishandeling
Wat nou aan gaan is kinder mishandeling
Hulle ken nie meer reg,
verkeerd,
respek vir medemens bestaan nie meer in ons skole
Baie tragies

Kediksie ·

Wat op dees aarde het die ja of nee stem met hierdie geval uit te waai? In Amerika is hierdie tipe van aanvalle en selfs skietery onder kinders algemeen al vanaf die 70’s!! Dit gaan oor dissipline. Kinders kan nie meer onderskei tussen reg en verkeerd nie. As daar dan nou vingers gewys moet word; dan kom dit terug na die ouers toe. Kry einde met die alewige “ja en nee stem” verwyte!! Geen wonder ons volk kon nog nooit saamstaan nie.

lh ·

Lekker gooi ons die klippe!
Was hierdie kind nie dalk ‘n slagoffer van ‘n boelie nie? Sy het gaan hande was om haar maaltyd vir behoeftige kinders te gaan eet . . . NIEMAND steek jou sommer so mahala met ‘n voorwerp nie! hierdie was nie ‘n straatroof nie! Kom ons wag vir die waarheid agter hierdie saak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.