Die polisie in Mpumalanga doen ʼn beroep op die publiek om hulle met enige inligting te help nadat ʼn 13-jarige seun in dié provinsie ontvoer is.
Die polisie het in ʼn verklaring gesê Kathlego Marite het Sondagmiddag omstreeks 15:30 saam met twee maats gespeel in Frangipanistraat in Tasbetpark x3, Witbank. “ʼn Goudkleurige Toyota Corolla, met drie insittendes, het langs die seuns stilgehou,” het die polisie gesê. “Een van die mans, wat in swart geklee was met ʼn groen baadjie, het die slagoffer gegryp en hulle het met hom weggery.”
Kathlego se vriende het na sy ma toe gehardloop en dadelik vertel wat gebeur het. Sy het die voorval dadelik by die polisie aangemeld en ʼn saak van ontvoering is aanhangig gemaak.
“Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Africa Nyathi te kontak by 071 352 6007.”
Dis te erg. Here; beskerm die seun…
Mag hierdie seun deur God bewaar word. Dis net te erg. Ek bid vir jou seuna.
Groot skok. Bid saam met sy familie dat God hom veilig bewaar en dat hy veilig terugkeer na sy ouers en familie. Baie sterkte vir almal.
Ons bid vir die seun, sy gesin, familie en vriende .
Bid dat jy veilig sal terugkeer na jou ouers.
Mense raak gek! Los die arme kinders uit! Ek hoop en bid dat die seun veilig na sy ouers toe sal terukgom.