13-jarige kritiek ná motorfiets hom tref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 13-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagmiddag deur ʼn motorfiets getref is in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het in Maraisburgweg plaasgevind. Volgens Meiring het die seun in die stadige baan gelê en die motorfiets sowat 30 m verder.

Die seun het ernstige beserings aan sy kop en bors opgedoen. “Paramedici moes mond-tot-mond-asemhaling op die seun toepas om hom by te bring.” Volgens Meiring is die seun na die Baragwanath-hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Die bestuurder van die motorfiets het geringe beserings opgedoen. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riaan ·

Die artikel sê k
Aar alles , die seun het in die stadige baan gelê . Die stadige baan is op ‘n Snelweg .die suen was boetganger op ‘n snelweg . Wat soek boetgangers op snelweë. Dankie !

SNEL ·

Duidelik kan Hein en Ansie nie tussen die lyne lees wat Riaan sê nie. Julle het seker nog nooit van “auto correct. of “touch screen” gehoor nie. En dan; as dit nie die redes is nie, is dit so goed soos om met iemand wat n gebrek het te spot. Dis skandelik om dit te doen. Iemand wat moed bymekaarskraap om iets te tik en hulle siening te gee en julle verkleineer hom. Mens ken nooit ander se situasies nie, kan julle nie maar ander laat leef nie. Dis hartseer dat mense altyd vinnig is om ander mense sleg te sê en op hulle te trap, om elke fout uit te lig en eerder oor iemand wat komnentaar oor die berig skryf aan te vat oor hulle spelling as om self iets oor die berig te sê. Julle twee is seker foutloos en het meer talente as ons almal saam.
Ek stem saam met jou Riaan, daai seun het geloop waar hy nie gehoort het nie, hoop hulle kyk goed wat gebeur het voor hulle net die motorfietsryer aankla.

Jasper ·

Mense wat net soos die Groot Hond van die straat, op forums ronddraf om klein hondjies te knou as hulle dit durf buite waag p!s my af.

ladybug ·

As daar enige waarheid in steek wat Riaan sê: ek’t eendag vir ‘n metro lid gevra hoekom gee hulle nie mense boetes wat “jay-walk” nie.

Toe sê hy vir my, hy weet nie wat dit is nie … Ek’t toe maar verduidelik …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.