13-jarige sterf: Byna nie kans om te reageer op boeliegedrag

Argieffoto (Foto: Anemone123/Pixabay)

Onderwysers van Doornpoort Primary School in Pretoria het byna nie tyd gehad om te reageer ná boeliegedrag aangemeld is nie, voor die 13-jarige slagoffer haar eie lewe geneem het.

Maroela Media het vroeër berig die graad 6-leerling het Maandagoggend haar eie lewe geneem by haar huis.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement neem bedroef kennis van die voorval. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisie deur ʼn graad 7-leerder geboelie is wat gedreig het om videomateriaal, waar die oorlede meisie naak is, te versprei. Die meisie het dit Donderdagmiddag, 14 Februarie, ná skool by een van haar onderwysers aangemeld.”

Mabona het gesê die 13-jarige was nie Vrydag by die skool nie en sy het haar eie lewe geneem voor die nodige dissiplinêre stappe gedoen kon word.

“Die saak word verder ondersoek en stappe sal gedoen word teen alle leerders wat hierby betrek word.”

Die departement het sielkundiges na die skool ontbied wat saam met personeel van die Sinoville-maatskaplikemisdaadvoorkomingseenheid werk om berading te bied aan die familie van die oorledene en die skoolgemeenskap.

“Ons innige meegevoel aan die familie van die oorledene,” het Panyaza Lesufi, LUR van basies onderwys in Gauteng, gesê. “Ons hoop dat hulle vertroosting sal vind in die wete dat ons in hulle verlies deel. Daar is nie genoeg woorde om ons hartseer uit te spreek in die verlies van ʼn kind nie.”

Mabona het bygevoeg die departement sal glad nie boeliegedrag van enige aard duld nie. Enigiemand wat hierdie beleid oortree sal hanteer word kragtens die Wet op Suid-Afrikaanse Skole. “Skole word gemaan om hul gedragskodes toe te pas wat betref boeliegedrag en ander dissiplinêre sake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Annie Webb ·

As die boelie(s) geïdentifiseer kan word, moet hy/sy van minstens strafbare manslag aangekla word. Boeliegedrag moet nóú end kry. Aggressiewe kinders word aggressiewe volwassenes en die wêreld het hopeloos te veel dáárvan.

vonnie ·

ek stem. sulke gedrag moet strafbaar wees. dis tyd dat daardie kinders weet wat hulle doen sal nie daar gelaat word nie. sterkte aan die meisiekind se ouers, kan nie indink waardeur hulle gaan nie!

legens ·

Net weer `n bewys van die euwels van sosiale media . Kinders van hierdie ouderdoms groep is nie opgewasse of volwasse om dit te gebruik nie .
My kinders van dieselfde ouderdomsgroep het hoegenaamd geen toegang tot internet , whattsup , twitter of derflike goed nie .
En weet julle wat , hulle oorleef dit .

ek sê maar weer ·

“Byna nie tyd”?? WAT? Kyk hoe probeer hul uit dit kom. Met al die geboelie en meer as een so geval behoort daar onmiddellik tyde GEMAAK te word, boelies omet ingeroep word en verantwoording doen. Twak man! As daai onnie aan die kind Donderdag gesê het MORE OGGEND kry ons die boelies voor stok dan was daar nie nou hierdie storie nie. Dan het die kind geweet sy is veilig omdat die onnie na haar geluister het! Absolute skande

Kwaaitjie ·

As onderwyser hoor ek presies wat hulle sê. Sy het waarskynlik gesê sy sal iets daaromtrent doen, maar dis ‘n hele proses en dit neem tyd.

Andrea van Vuren ·

‘n Boelie is ‘n siek produk van ‘n wanfunksionele huisgezin.

Aan Kwaaitjie ·

Vat tyd? Hoeveel tyd kan dit nou neem om die boelie die volgende dag in te roep en reeds aan te spreek sodat die kind wat gekla het minstens weet iets is besig om te gebeur. Volgnes eerste berig is die ma van die kind ook hoof toe en steeds het niks gebeur nie? Al kan dit nie dadelik opgelos word as die kind wat geboelie word minstens weet daar is besig om iets te gebeur het hierdie NIE plaasgevind nie. “Hele proses” kan gevolg word solank die boelie asook die kind wat geboelie word weet daar word iets gedoen. Asseblief…

Charmy ·

Ek stem 100% saam met jou André. By sommige skole boelie tot die onderwysers. Die skoolhoof doen niks daaraan nie want die onderwyser is sy “witbroodjie” en grap net met die kinders en die boelie kinders stop die skool vol geld, so niemand wil teen HULLE optree nie… Hartseer realiteit in so baie skole.

Isabel ·

Ek voel persoonlik die boelie is direk verantwoordelik vir haar dood. Hoe kan jy mense afpers terwyl jy jouself verlekker in hulle vrees en angs in so n mate dat hulle eerder bereid is om te sterf as om jou n vet klap te gee. Boelies is gewoonlik jaloers dis hoekom hulle mense afpers, hulle geniet dit om groot in hulle self te voel, maak nie saak wat dit aan n siel doen nie. Jammer dat jy n kind moes verloor het mamma en dankie dat jy haar geglo het en haar probeer help het, ek bid vir jou vir krag.

Cherokee ·

Sjjjtttt…. wees stil en net en hartseer daaroor. Mag God die ouers vertroos.

Willem ·

As ‘n standaard praktyk, MOET alle boelies strafregtelik aangekla en verhoor word. Boelies word eenvoudig eendag boewe. Ek hoop in die geval besef die boelies dat hulle verantwoordelik is vir die meisie se dood.

Sarah ·

Dit is onwettig om naakmateriaal van ‘n minderjarige te besit of te deel. Die ander kind kan aangekla word.

George ·

Jammer om te se, maar die groot rede is omdat dissipline nerens meer toegepas mag word nie. Van ouers tot onderwysers.

Sneeuwitjie&7Dwergies ·

Die boelie kind se ouers moet verantwoordelikheid neem. Is hulle trots op die kind wat hulle groot gemaak het? Moet nie julle plig op ‘n onderwyser se skouers plaas nie.

Dissie ·

Ditto… Boelies boelie omdat hulle nie gelukkig by die huis is nie.. Verseker die ouers se skuld.

Judy ·

Shame dit is hartseer, sy moes baie bekommerd en angstig gewees het en seer gehad het. Kyk nou dit alles oor een klein onopgevoede wetter waar die probleem vir die Skool gelos word om uit te sorteer! Die nonsens begin by die Huis! RIV

HPV ·

Hoeveel kinders moet nog sterf voordat iets daadwerklik aan boelies gedoen word? Lê ‘n klag by die Polisie, hier in Bloemfontein weet ek van twee gevalle waar dit gedoen is en die geboelie is daardeur dadelik gestop. Die Polisie weet hoe om sulke sake te hanteer en boelies se sake vir hulle te werk. As ‘n kind gedryf word na selfmoord wat noem mens dit?

leser ·

simpatie aan almal betrokke
ek mag dalk oudmodies wees (is ja 1950 gebore) maar waarmee is die kinders deesdae besig, graad 6 met naakfotos op sosiale media, ek plaas die blaam vierkantig op die ouers se skouers
ouers, jou kinders is kosbaar, kinders begrawe ouers, nie ouers wat kinders begrawe nie
ouers weet wat jou kinders doen, anders draai dit baie verkeerd om

Leser 2 ·

My dogter in graad 6 en sy sal nooit so iets doen nog heeltemal te onskuldig want ons hou hasr vir so lank as moontlik kind masr jy leser ken nie daai gesin se huislike omstandighede. Ek kan getuig van my dogter wat skielik op hierdie ouderdom baie meer aandag soek en nie by my nie maar wel haar pa. So dis deel van puberteit. Glad nie jou plek om te sê wie die skuld moet kry. Ja ek stem op daai ouderdom moet hul nie met sulke dinge besig raak nie maar dis nie nodig om daai mamma mog slegter te laat voel nie. Hoe klink jy mou maar ook nes n blerrie boelie

jennefer ·

waarsku tog die kinders ! die “selfie” kultuur is juis ammunisie vir boelies.

Kwagga ·

Ek stem, maar ons weet nie wats die omstandighede agter die naakte video nie. Sy kon dalk aantrek in haar kamer en gordyne was nie mooi toe nie

Waarheid1 ·

Kla die onderwysers en Hoof aan vir moord.
Kla ook die boelies aan vir moord.
So n voorbeeld sal ander boelies dalk afskrik.
Kla ook die ouers van die boelies aan.

Hannes ·

Soooo hartseer! Ontstellende feite……Geboelie../13 jaar oud,graad 6../naak video../selfmoord..ontstelde onderwysers..hartseer ouers..verwyte..ens.ens.ens.My innigste simpatie aan almal hierdeur geraak!Laakbare gedrag/optredes..

Amelits ·

As n kind dit aanmeld beteken dit dat dit sy laaste hulp kreet is. Dan moet daar dadelik opgetree word. Nie die vlg dag nie dit telaat wees.
Daardie kind het die persoon vertrou en glo dat hy hulp sal kan kry by hom.

Charlene ·

Ek stem saam. Sy is afgedreig en geïntimideer en hy was in die besit van ‘n naakfoto van ‘n minderjarige kind – dit is strafbare oortredings. As hulle grootmense was, is die polisie uitgestuur na sy huis toe. Waarom kon die skool nie uitgaan na sy huis toe as hy dan nie by die skool opgedaag het nie? Ek wonder ook waarom sou hy nie skool toe gaan die volgende dag nie? Skuldige gewete? Die skool moes dadelik opgetree het en ek wil sê hulle moes die polisie ook betrek het.

Daardie seun mag onder geen omstandighede net wegkom daarmee nie. My wens vir hom is dat hy skuldig bevind word en gestraf word en dalk gemeenskapsdiens moet doen by ‘n te huis vir mishandelde vroue, sodat hy kan empatie aanleer vir vroue en kan sien waardeur mans vroue sit. Miskien sal so iets hom tot nugterheid dwing en miskien kan hy nog op die lang duur ‘n verskil maak in mense se lewens, sodra hy begin besef wat hy gedoen het.

Yvonne ·

Veetroosting vind in die wete dat hulle medelye het se gat. Dit help veel om beradders na n skool te stuur nadat selfdood gepleeg is…. hoekom het die onderwyser nie daar en dan oogetree om dit te verhoed nie…. mense jylle besef nie wat dit is om n pad te stap nadat jou kind selfmoord gepleeg het nie…. indirek is die skolier wat die video wou of reeds versprei het die moordenaar!!!

Tante ·

jare gelede was ek in plaasskool ons was arm ek vas mollig ryk en mooi dogtertjie boelies het my gespot ou vettie elke agtermiddag as ons wag vir bus. Ek kon dit verder nie meer hanteer een spesifieke dogter van ryk ouers het aangehou en aangehou ek het n baie sterk wit grys tassie gehad was in graad 2 ek het tassie gevat en deur haar gesig geslaan dat jy bloed sien spat . Volgende dag bel skoolhoof mya sy moet skooltoe hul wil met haar praat. Pa van dogter is saam met skoolhoof hul vertel haar wat ek aangevang het, my ma se sy weet dis al lang tyd wat ek nie wil skool toe gaan en ek het haar vertel van vorige dag se gebeure. Sy se toe vir die twee vername here as die boelie dogter my nie vir so lank al gespot het nie sou ek dit nie gedoen het nie die Hoof en ryk vername pa het geen woord gese verder nir daardie boelie dogter het nooit weer met my gesukkel nie ek weet nie of die ouers haar betig het of eas dit my wit yassie wat jaar verander het nie. EK het nou nog my wit tassie en hy sal my altyd herinner aan daardie moedelose hartseer tyd in my lewe

Emil van eeden ·

Alle boelies kan vandag saam met dìe een skaam voel en hieruit leer. Boelies veroorsaak jare se hartseer en skade.
Anoniem wat weet

liza ·

Hoekom moet skool en onderwysers betrek word. Is dit nie n privaataangeleentheid tussen kinders met fone wat deur hul ouers aan hulle gegee word nie.

j ·

Die vraag is of die boelie werklik enige naakfotos van sy/haar slagoffer gehad het, en of dit ook maar net weer “boelie”-afpersery was. Ons sal seker nie weet nie, maar hoe mens ookal daarna kyk, is dit ‘n verskriklike tragedie. Ek wonder hoe voel die boelie nou oor die gevolg van sy/haar “afpersery”? Of dalk net skouerophalend gereageer en regmaak om sy/haar volgende slagoffer te oormerk…

Db ·

Ek wat ook geboelie in graad 10 deur ‘n nogal oorgewig meisie. Tot eendag wat ek nou keelvol was daarvoor en toe ons die middag van die bus afklim het ek haar vinnig bymekaar gemaak. My broer het op daardie stadium karate gedoen (ek was die enigste dogter) en my ‘n paar “moves” geleer om my te beskerm het hy altyd gesê. Dit het handig te pas gekom en het sy met ‘n seer lyf ‘n paar dae skool toe gegaan en nooit weer daardie groot vieslike mond teenoor my oopgemaak nie. Vandag het die bloedjies “kinderregte” dit is hoekom hulle doen wat hulle wil. Ek voel daardie meisie se pyn en weet hoekom sy dit gedoen het. As die onderwyser net iets gedoen het sou alles anders uitgewerk het maar nee – die kinders het mos regte. Die enigste regte wat hulle het is stilbly en luister as daar gepraat word. Ek sê mos baie van die jongmense wat in die tronke sit is verkeerd – die ouers moet daar wees want hulle is die oorsaak want het ‘n blinde oog gedraai en doof geword. Laat daardie ouers bietjie gas gegee word sodat hulle bloedjie kan voel wat seer is. Sterkte aan die ouers wat hulle dogter verloor het

remo ·

Dit is so jammer dat n kind daardeur moes gaan , my innige simpatie aan die ouers met julle verlies…

Marizaan ·

My seun was verlede jaar in Rustenburg Hoërskool en was geboelie. Sy neus was stukkend geslaan, sy selfoon en ek moes talle nuwe hemde koop agv kinders wat nie hul hande tuis kan hou nie. Ek het hoof toe gegaan en die boelie aangemeld waarop hy en die dissipline hoof omgedraai het en my kind as die boelie probeer uitmaak het. Daar is vir my gesê hy hou van pyn en om gepynig te word en dit is nie hoe ek my kind ken nie. Watter kind sal in elk geval daarvan hou? Die geboelie het aangehou en ekt begin moed opgee want niemand wou luister nie. Ek was maatskaplike werker toe asook polisie en departement toe en elke keer teen ‘n muur vasgeloop. Daar is absoluut geen hulp vir kinders wat geboelie word nie want niemand WIL help of betrokke raak nie. Ek het hom uit die skool gehaal en in ‘n privaat skool gesit en hierdie jaar sover is ‘n droom. Sy punte is beter en hy is weer sy ou self.

RHG ·

Ek dink nie sulke jong kinders besef regtig die erns van hul boelie-gedrag nie of die effek wat dit op die slagoffer het nie.
Ek glo die graad 7 kind is self in ‘n toestand na die tragiese gebeure. Hou die kind dop dat sy nie dieselfde doen nie. Sy het ook berading nodig.

jakes ·

Boelies is gewoonlik persone met n lae selfbeeld. Dis tragies dat selfone misbruik word en sodoende iemand se lewe kos. Selfone moet verbied word by skole en universiteite dan sal hierdie tipe dinge nie plaasvind nie.

Eddy ·

ek was ook op laerskool geboelie ,ek los dit toe so.toe ek op hoërskool kom,kry ek daai boelie een aand in n straat.Ek spring van my fiets af,gryp die boelie en kap sy kop teen n klip op die grond.Ek voel steeds skuldig want dit was n harde slag,maar hy nie weer met my gemors nie.Soms verstaan n boelie nie mooi praat nie.Nee hy moet hardhandig met sy eie medisyne terugbetaal word

Gys ·

Geen verskil tussen n hoof wat nie teen n boelie optree nie omdat sy ouers vir die skool geld gee en die ANC wat nie teen korrupte amptenare optree nie. Albei ewe sleg. Nie half sleg nie, heeltemal sleg. Jip, sleg is onafhanklik van velkleur.

Melissa ·

@Andrea van Vuuren – Ek stem 100% saam met jou, Monkey see, monkey do!

Moeg vir Boelies ·

My dogter is nou in graad 7. Die 1ste voorval het 2 dogters haar verwurg,sy kon nie asem kry nie. 2eVoorval, toe word sy met n mop aangerand. Haar kos is in die grond gegooi en op getrap. Sys gegooi met goed. Sy wou nie he ek moes skool toe gaan nie. Die onderhoof se verskoning toe ek haar wattsup was “die skool kan nie verantwoordelikheid vat vir kinders wat nie manier by die huis leer nie”. Nou vat my dogter karate. Ek het vir die hoof gese….Jy bel my nie eers en se my dogter het iemand geslaan nie.” Julle kyk nie wat by die skool aangaan nie. En toe word daai 2 dogters leiers. Die skool het kamstig waardes, maar hulle verkies sulke kinders. Na die laasste keer is daar vir die leiers gese hulle gaan hulle balkies verloor. Ek bid my kind steek dit nie weg nie, maar sy se dit gaan beter. Bygese…die leiers weet sy vat karate en het n beker gekry vir best beginner in kick boxing.

Porratjie ·

Ek is op skool geboelie deur my wiskunde onderwyser. My pa was Portugeus en hy het dit verskriklik geniet om die lelikste goed van Portugeuse te vertel in klas. Die hele klas het dan geskater van die lag. Ek het uiteindelik eendag my Ma vertel en sy het ons summier uit die skool gehaal. Toe die Departement bel om te hoor wat doenig is toe vertel my ma die man wat aangaan. Die skoolhoof het toe om verskoning gevra en ons is toe terug skool toe. Daarna het die boelie onderwyser my en my susters geignoreer maar tot vandag toe is hierdie Ouma van 65 nog steeds nie lief vir wiskunde nie.

Ekke ·

Vreemd hoe die perd altyd agter die wa gespan word…. Sielkundiges word meestal ingeroep nadat die wat wel hul hulp nodig het, nie meer daar is nie…..wat gaan hulle nou doen…. die Boelie beraad ??? Wie ookal die Boelie is, hy / sy / hulle moet onmiddelik geskors en na ‘n Verbeteringskool gestuur word…. gewone skole is nie die plek vir hulle nie….dis net siek dat hulle altyd wegkom met alles en net aanhou om mense se lewens te verwoes…

Rob ·

My seun is in graad 1 geboelie. Ander seuns het elke dag sy kos gevat. Ek het met die onderwyseres gepraat en sy het dit weggelag en gemeen die kinders speel net. My seun wou nie terug skool toe nie en ek en my vrou het ‘n afspraak met die hoof van die skool gemaak om die saak te bespreek. Hy wou ons eerstens nie sien nie en ons moes ‘n hele uur vir hom wag wat net tydmors was want hy het ons meegedeel dat ons seun moet leer om vir homself op te staan anders sal hy nooit iets bereik in die lewe nie. Ons het my seun uit die skool gehaal en tuis geonderrig. My vrou moes haar werk bedank en geld was minder maar verlede jaar het ons seun ‘n ses jaar graad voltooi aan die Universiteit. Was ‘n groot opoffering maar wel dit werd.

Willie ·

Die skool is skuldig, niks gedoen nie- seker weer ryk ouers wat die skool geld insop of iets..
Aan die boelie- mag jou gewete jou ewig pla- die oorledene se ouers moet jou aankla van besit van kaal foto..moord ook sommer..
Aan die ouers van die boelie- doen self ondersoek- julle het n moordenaar grootgemaak…
Ek verpes boelies! Julle is sielsiek maaksles van verbrokke huishoudings!

Nika ·

Hierdie kan na twee kante gekyk word, in watse huis het die meisie groot geword dat sy toelaat dan n ander skolier naak materiaal van haar het op n selfoon en dit op die ouderdom van 13? Hoe het die skolier naak meteriaal van haar gehad as sy nie permissie gegee het vir dit nie? Die boelie moet antwoord vir die dreigemente en onwettige beeld materiaal van n minderjarige. Ek sal sê al die partye is skuldig, hoe lank kan dit n onderwyser vat om die boelie in te roep en die saak te hanteer? Grootmense vat vandag nie kinders ernstig op as hulle probleme het nie. Dis hoogtyd dat boelies boet vir hulle dade en onderwysers opstaan vir kinders wat nie hulself kan verdedig fisies of emosioneel nie. Inteendeel is kinders nie veronderstel om fisies te raak met mekaar nie, dis onbeskof en kommen.

E.K. die eerste ·

Wat van “name and shame”? Wat van die boelie kry plakaat om die nek waarop staan Kuberboelie? En die een moet heeldag daarmee rondloop sodat ander kinders kan lag en vingerwys. Dalk sal so iets help? die hele skool moet weet. Of boelie moet in die saal (as hul nog sulke goed doen, ek is jare al nie meer in skool en nie kinders op skool meer) voor almal op verhoog geroep word en utigewys word as ‘n kuberboelie. Ek weet sowaar nei maar ek hoop mense kan dink aan oplossings wat REGTIG dalk sal verskil maak.

HPV ·

Hoe ken mens ‘n boelie? Hulle is net selfversekerd terwyl omring van ‘n klomp meelopers en aanhangsels wat lag vir hul daaglikse siek optrede. Sodra egter alleen, is hulle onseker en selfs lafhartig, gedienstig en kruiperig by onderwysers en later in die lewe by hul seniors en werkgewers. In die weermag kon mens kon ‘n skoolboelie ‘n kilometers vêr herken.

JANEE ·

Klink soos die klomp witboordjie korruptes …alias Zuma en kie

Anti Bullying ·

Time for anti bullying campaigns to be held in every school on a regular basis. With technology today things are only going to get worse. Churches should also have regular sermons. Everything you say and do in life, think first would you like that done to you. This should extend to Universities and workplace as well.

honourable member ·

Boelies se ouers wil net nooit aanvaar dat hulle kinders n probleem is nie en verdedig hulle kinders se gedrag. Boelies moet eenvoudig geskors word uit die skole uit want hulle gee die skool n baie slegte naam.

Harde waarhede ·

Daai foto moes nooit in die eerste plek geneem wees wat nog te sê van aangestuur word. Die wêreld is wreed en ongenadeloos daar buite. Onderwysers en skole word blameer vir alles wat verkeerd is, die waarheid is hulle is nie regtig by magte om boelies te stop nie. Leer asb. julle kinders om niemand te vertrou met so iets nie. Niemand.

Blommie ·

Maroele is dit Graad6 of bedoel julle standard 6.

Sterkte aan die familie en rus in verede.
Onthou n kind bly n kind en moet maar daagliks gely word deur die ouer en op die pad gehou word. Ek neem die ouers van die boelie kwalik, want wat hy ken by die huis leef hy in beelde uit.

Blommie ·

En net nog n dink praat ek uit ondervinding dat ek hoor hoe ouers vir kinders se en leer om nie n ander kind se nonsens te vat nie.
Om hulle te wys wie is baas en hulle vas te vat en en en.
So wat ken daai arme boelie, net wat hy of sy geleer is.
As jy geleer word om nie jou mond te hou vir niemand nie. wat gaan jy verwag teenoor n opstandige kind. N kind bly n kind en besef nie altyd watse skade hulle doen nie.
Dis hoekom hulle ouers het

MS ·

My kind is 7 jaar oud en was laas jaar as n boelie gestempel nadat hy vir homself opgestaan het teen n boeilie. Onderwysers hoef net die “einde” van n storie te sien om hulle eie afleidings te maak. Ek het dit baie duidelik vir hom gemaak dat geen ander kind meer regte of meer belangrik is as hy nie, as iemand hom boelie – staan hy vir homself op. So het n graad 3 leerling my seuntjie by die kraag gegryp ander dag by die skool en hom gedreig met wie weet… Omdat my kind nie mooi kon onthou waar die badkamer was nie (eerste week van graad 1) en die seun het dit op homself gevat om my kind te “dissiplineer” wat volgens hom “stokkies draai”. My kind het nie gehuiwer om daai kind op sy plek te sit nie, maar het later vir my vertel hy was “vrek bang” al het hy dit nie gewys nie.

Waar trek ons die streep ·

Wat moes die onderwysers doen, die boelies skors? Dit kan seker nie in ‘n dag gebeur nie. En hoe moet hulle keer dat die kinders die foto na ure versprei? Dit is tyd dat ouers leer die skole is nie die polisie wat hulle kinders heeldag moet dophou (of kan) nie. Wanneer moet daar nou skoolgehou word?? En as die foto nie versprei is watter invloed het die meisie op ander gehad deur iets so onvanpas te versprei, is dit nie ook maar moeiliheid soek nie?? Genade nee wat te erg is is te erg. My man gee skool en een kind se pa het hom kom slaan by die skool omdat hy durf waag het om sy seun vas te vat. Wat wil julle hê moet die onderwysers doen, tugtig hulle kom pappie (of mammie) skool toe en kom skel op die onderwysers, doen hulle dit nie moet hulle volgens sekeres hier aangekla word van moord. Wat gaan by julle huise aan dat die kinders so optree??? Of is dit ook die onderwysers se skuld.

HPV ·

Lees Bloemfontein se dagbad vandag waar drie skoolboelies gister in die hof verkyn het met ‘n lang ry klagtes teen hulle. Mens hoop ander boelies leer ‘n les hieruit.

Marrabot ·

My grootste wens is dat daar iets gedoen word rondom gedragskodes wat boelies aanbetref , my kind het die jaar met skool begin en word ook geteiken deur ‘n boelie by die skool. Hy was al met klip teen die kop gegooi, word rond gestamp, ek het dit aangemeld en voel of ek al daardie kind te lyf kan gaan.. Waar word die streep getrek?? wat moet ons as ouers doen???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.