13-jarige sterf toe doelhok op hom val

Argieffoto

Argieffoto

‘n 13-jarige seun is dood nadat ‘n sokkerdoelhok op hom geval het by ‘n skool naby Welkom in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die voorval het Vrydag by ‘n skool in Thabong plaasgevind.

Meiring sê die seun het glo aan die dwarsbalk gehang toe die doelhok omgeslaan en op hom geval het.

Hy sê met paramedici se aankoms op die toneel, het ‘n groep kinders om die seun se liggaam gestaan.

“Paramedici het die pasiënt ondersoek. Hy het reeds aan sy beserings beswyk,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Dis vreeslik hartseer!!!! Baie sterkte aan die ouers en almal daardeur geraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.