13-jarige vas ná man op video vermoor word

Thoriso Themane (Foto: ANA)

ʼn 13-jarige seun is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op Thoriso Themane (27) nadat sy ouers hom na die Polokwane-polisiestasie geneem het om homself oor te gee.

Die seun is ʼn leerder aan ʼn plaaslike landbouskool en woon naby die plek waar die moord plaasgevind het. Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê tydens die polisie se ondersoek het die net al stywer om dié seun gespan wat daartoe gelei het dat hy homself by die polisiestasie aangemeld het.

Die seun is die tiende verdagte om in verband met die opspraakwekkende moord in hegtenis geneem te word.

Themane is op 23 Februarie in die Florapark in Polokwane aangerand waarna hy vir dood agtergelaat is. Themane was glo op pad huis toe van ʼn musiekoefening by sy kerk toe hy deur ’n groep oorval en aangerand is. Video’s is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei.

Een van dié video’s wys hoe ʼn bebloede Themane gesleep, geslaan en geskop word. ʼn Ander wys hoe Themane se oënskynlik lewelose liggaam straat af gesleep word.

Twee dae ná Themane se dood is vyf tienerseuns in hegtenis geneem. Kort daarna is nog ʼn verdagte, ook ʼn skoolseun, vasgetrek. “Een van dié tieners is egter sedertdien vrygelaat omdat hy nie met die misdaad verbind kon word nie,” sê Mojapelo.

Op 28 Februarie is drie volwasse mans, almal 36 jaar oud, ook in hegtenis geneem.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het gesê inligting wat op sosiale media versprei word dat die seun van ʼn afgetrede polisiebeampte wat ook in verband met die moord in hegtenis geneem is daarna weer vrygelaat is, is onwaar. “Ek wil dit kategories duidelik stel dat al die verdagtes deur die relevante hofprosesse sal gaan en dat niemand voorkeurbehandeling sal ontvang nie,” het Ledwaba gesê.

Die 13-jarige wat gister in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Polokwane-kinderhof op aanklag van moord verskyn. Die drie volwasse mans sal ook Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn waar hulle om borgtog sal aansoek doen. Die ses tieners sal dan weer almal saam Donderdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

Baie Baie siek store die.
Mag SAPD Dan die 13 jarige aan hou?

Laksman ·

Kinders wat moor, moet dieselfde behandel word as volwasse moordenaars. Baie jeugmisdadigers weet die wet beskerm hulle. Anders raak dit nog erger.

Waarheid ·

Hierdie weerspieel die ware beeld van SA.
N Siek Siek land met geen moraliteit.
Die ware siele van baie van die “burgers” van SA kom sterk na vore.
Dormansie is verby.

Stem saam ·

Ek stem saam met jou! Dit verduidelik ook hoe so korrupte regering elke verkiesing wen. Die regering weerspieël die ondersteuners en vice versa. Mense met geen morele waardes, geen gewete en geen etiek nie. Om nie eers van empatie te praat nie. Ons wat nog daardie eienskappe het moet dit nou meer as ooit bewaar en oordra.

Potties ·

Waarvan praat jy? Ek glo nie hyt met hulle gemeng nie as dit is wat jy bedoel? Hyt bloot gestap en is toe aangerand…?

Cherokee ·

Potties, ek is bly Lindie verwerdig haar nie eens om jou te antwoord nie. As jy stadig is, is jy slow motion.

Wielspore ·

Na my mening, as jong kinders by misdaad betrokke raak is dit ‘n kwessie van ‘n gebrek aan skepping van waardes deur die ouers by hul kinders.
Daar is nie waardes om na te verwys gedurende nuwe ervarings, ons doen eerder wat die meerderheid doen.
Daar is nie verantwoordelikheid vir hulle optrede en die binnekant van ‘n tronk is die uiteinde.
Geen identiteit, geen toekomsdrome, totaal verlore!

Andre ·

Wielspore het jy al daaraan gedink dat hierdie moordenaars totaal gewetenloos is? Geen opvoeding sal help vir iemand wie geen gewete het nie

jaco ·

elke 2de dag word nog een aangekeer wat iets met die moord te doen het. darem vinnig ne. maar laat dit nou n plaasmoord wees – dan keer die SAPD niemand aan nie. die saak loop dood en word later afgemaak as “maar net gewone misdaad”

Ai, ai ·

Daar was ‘n video Jaco. Bietjie makliker om iemand te vang as jy weet hoe hulle lyk……

Manto ·

Daar was ook videos gemaak van pierre de necker se moord en niemand is aangekeer nie. Daar was polisielede wat geayaan en MONITOR het en niks gedoen het nie. Maklik en vinnig ne.

Nita ·

Om in SA te oorleef is wilder as die wildtuin. Jy kan enige tyd oorval word deur troppe wilde honde, of bespring en verskeur word deur roofdiere. Lekker is die lewe in hierdie wildtuin.

Martie ·

Presies hoe ek die lewe in SA sien. Die arme vreedsame herbivore is nêrens veilig nie.

So bly! ·

Ek is so bly hierdie moordenaars is gevang. My hart gaan uit na hierdie jong man se familie. Hoe tragies.

RN ·

Nog nat agter die ore dan moor hulle al. Hoe kan ‘n land vorentoe gaan met sulke burgers?

Die Verlore Skaap ·

Kom geniet ons pragtige land.
Sluit jouself toe in jou tronk.

Antoinette ·

Ek het’n sterk vermoede satanisme is ook hierby betrokke.

jakes ·

Niks wat in SA gebeur behoort enige persoon te verbaas nIe. Morele waardes ontbreek by die massas en alles word aanvaar as die norm. Van misdaad tot regters se uitsprake wat bo die Bybel verhewe is. N siek land wat binnekort totaal ten gronde sal gaan.

GM ·

Satanisme? Hoekom sê jy dit? Sou daar nie dan allerhande rituele uitgevoer gewees het nie?
Daar is bendes wat vereis dat jy iemand vermoor om deel te kan wees van hulle, maar dié lyk vir my net na ‘n nuttelose moord deur gewentenlose monsters.

Die “kinders” moet soos volwassenes verhoor word aangesien hul groot genoeg was toe hul moord gepleeg het.

Ek is bly ek is nie hul ouers nie, ek sou ook in die tronk gesit het as ek uitgevind het my kinders is deel van so ‘n groepie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.