Die ma van ’n tienerdogter het haar kind by ’n polisiestasie in Tongaat in KwaZulu-Natal aangemeld in verband met die moord op die 13-jarige kind se ouma vroeër vandeesweek.
Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die polisie is Maandag na ’n huis in Fairbreeze ontbied waar ’n 63-jarige vrou met ’n hamer aangerand is. By die polisie se aankoms op die toneel het hulle verskeie lede van die gemeenskap en die kind daar aangetref. Die kind het in dié stadium histeries gehuil.
Mbele sê dat die kind polisiebeamptes na die huis se sitkamer gelei het, waar haar ouma se liggaam op die grond gelê het.
Die kind het verduidelik dat sy wasgoed op die wasgoeddraad buite die huis opgehang het toe sy haar ouma om hulp hoor roep het. Die kind het beweer dat sy die huis ingehardloop het waar sy gesien het hoe ’n onbekende man haar ouma met ’n hamer aanrand.
Volgens die kind het sy gehardloop om hulp van die bure te ontbied. Toe sy terugkom by die huis, was daar kwansuis geen teken van die onbekende man nie. ’n Saak van moord is kort daarna aanhangig gemaak.
Die ondersoek het egter ’n onverwagte wending geneem toe die kind se ma haar Dinsdag na die plaaslike polisiestasie geneem het, waar die tiener in hegtenis geneem is op aanklag van moord.
Die kind sal na verwagting Donderdag in die Verulam-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Is daar dalk ‘n kompetisie onder die Suid-Afrikaanse jeug aan die gang om te sien wie die jongste moordenaar kan wees????
Op haar ouderdom weet sy al dat moord baie min gevolge het. Sy sal niks oorkom nie.
Wat het die arme Ouma aan die kind gedoen om so wreed vermoor te word? Dit gaan my verstand te bowe!!!! 100% aan die kind se ma wat die moed gehad het om haar aan die polisie oor te gee.
Geweld, diestal, seks en nou moord. Ek wonder wat gaan volgende deur die onbeheerbare kinders aangerig word. Volgens my is dit die ANC wat moet pa staan hiervoor weens die kultuur van geweld wat hulle geskep het tydens die sogenaamde “struggle” jare.
Hierdie probleem kom al hoe meer voor. Persoonlik dink ek dat dwelms die oorsaak van die voorval was. Hulle sal enigiets doen om dit in die hande te kry, en om dit stil te hou