13-jarige verdrink in Durban

Durbanse strand. (Foto: Wikipedia)

ʼn 13-jarige seun het verdrink en vier ander minderjariges is in die hospitaal opgeneem ná ʼn voorval Saterdagmiddag by Noordstrand in Durban.

Paramedici van ER24 het om 12:20 op die toneel aangekom en gesien hoe ʼn lewensredder ʼn jong seun probeer bybring terwyl ʼn ander lewensredder twee meisies, onderskeidelik agt en 13 jaar oud, behandel het.

“Paramedici het onmiddellik oorgeneem en die seun van gevorderde lewensondersteuning voorsien. Ongelukkig het die seun ná 40 minute van behandeling geen teken van lewe getoon nie en hy is dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Die twee meisies is ook behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. “Nog twee kinders is volgens ons inligting na ʼn hospitaal vervoer voordat paramedici daar aangekom het,” sê Meiring.

Hy sê besonderhede oor die voorval is nog onbekend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

So jammer wanneer so iets gebeur. Hulle het ‘n vreugdevolle dag beplan.
Terloops, die foto is ‘n ou foto van Suid Strand, en nie Noord Strand.
Dit is egter van minder belang en net interessantheidshalwe genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.