ʼn Dertienjarige seun het Vrydagmiddag in ʼn openbare swembad in KwaZulu-Natal verdrink.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 12:50 na die toneel in Umlazi G-section ontbied. “Lewensredders het op die seun se liggaam afgekom. Hulle het hom uit die water gehaal, maar hy het nie reageer nie.”
Lewensredders het dadelik KPR toegepas, maar sy toestand het versleg en hy is op die toneel dood verklaar.
Maak openbare swembaddens nie meer toe in die winter nie?
Moet daar nie by ‘n openbare swembad ‘n lewensredder wees nie?
Parragraaf lees: LEWENSREDDERS HET OP HOM AFGEKOM… Nie alle publieke swembaddens maak winter maande toe nie,hier by ons in KZN swem mense dwarsdeur die jaar,veral die binnelanders wat kom vakansie.