13-jarige verdwyn voor skool

Die vermiste Carla Koen. (Foto: Facebook)

Die familie van ʼn 13-jarige van Parow in die Wes-Kaap is rasend nadat sy Vrydag voor die Parow Valley Primary School verdwyn het.

Volgens Carla Koen se ma, Chantal van Gruning , is sy die laaste keer om 07:50 voor Parow Valley Primary gesien, waar sy volgens haar klasmaats in ʼn wit Toyota Corolla geklim het. Sy was nie die middag by die skool toe haar familie haar wou gaan oplaai nie. Hulle het haar probeer bel, maar sy antwoord nie haar selfoon nie.

Carla het ʼn geel en blou skooluniform of blou denim met ʼn wit hemp en pienk tekkies aangehad ten tye van haar verdwyning.

Carla het blou oë en lang rooibruin hare. Sy is 1,6 meter lank.

Chantal wou nie meer inligting oor haar verdwyning gee nie omrede die polisie al verskeie kere deur lede van die publiek op ʼn dwaalspoor gesit is. Sy het wel gepleit dat enigiemand wat weet waar Carla haar bevind, met die polisie of die Pink Ladies in verbinding tree.

Lede van die publiek kan sers. Van Zyl of konst. Amsterdam by 082 522 1095 kontak indien hulle weet waar Karla haar bevind. Die Pink Ladies-organisasie kan ook by 072 214 7439 gekontak word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karen ·

Okay, sy is so meer as 40 min terug gekry, lewend, maar geen verder inligting beskikbaar vir nou.

charlotte ·

Dank die Here sy is gevind. Hoop MM doen opvolg oor wat gebeur het. Kan net dink waardeur haar ouers moes gaan. Hoop ook nie sy is seergemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.