13-jarige voor winkel geskiet

Argieffoto: https://pixabay.com

Die man wat glo ʼn 13-jarige buite ʼn winkel in Gelvendale in die maag geskiet het, is vasgetrek.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die 13-jarige is omstreeks 20:15 Saterdag geskiet.

“Volgens inligting aan die polisie beskikbaar is die seun deur ʼn paar mans buite die winkel aangerand en toe in die maag geskiet. Hy is hospitaal toe gehaas vir behandeling,” het Naidu gesê.

Volgens Naidu het blitsige reaksie tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei. Hy is glo ʼn bendelid.

Hy is in ʼn huis in Helenvale in hegtenis geneem waar hy in ʼn kamer weggekruip het.

“Daar is ook beslag gelê op ʼn handwapen wat vermoedelik in Desember 2016 in Algoapark gesteel is.”

Die verdagte sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dinarie ·

Mag die dader diep en lank weggebêre word.
Dis nie nodig dat sulke onverantwoordelik gevaarlike tieners ongehinderd op straat rondloop nie

Daan ·

Is daar genoeg tronke om al hierdie skuim aan te hou of is dit nog n rede hoekom daar geen vrees vir die wette en nagevolge vir hulle aksies is nie.

Flip ·

Verander al die ou myne in tronke vir hierdie moordenaars. Geen selfoon opvangs, geen tv en geen stemreg. Hulle moet nie weer die sonlig sien nie en die kos kan sommer met n kruiwa vir hulle in die mynskag afgegooi word sodat hulle daar diep onder die grond daarvoor kan veg.

Andrea ·

Klink soos n uitstekende plan. Dan sal ‘tronk’ nog n afskrikmiddel wees.

Anton ·

Klink vir my soos n Batman movie. Hierdie tipe gedrag is vir die oorgrote meerderheid van ons landsgenote en kontinentgenote so normaal vandag soos dit vir hulle was in die steentydperk. Net die kleredrag en wapens het verander.

Lolla ·

Wat op dees aarde soek n 13 jarigge kind daardie tyd van die aand op straat?! Ouers???!!!! Julle moet bykom!

Dankbaar ·

2 Gevalle van skieters in Helenvale? ‘n Swanger vrou en ‘n tiener. My gebede is met daardie mense. Ons besef nie hoe geseënd ons is om in relatiewe veiligheid te leef nie. En ja ek weet, almal sal sê ons is nêrens meer veilig nie, maar kan jy jou indink hoe dit moet wees om daagliks geweerskote te hoor? Om jou kinders daar groot te maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.