13 mense sterf in Hartswater-ongeluk

Grafika: go-southernafrica.com

Grafika: go-southernafrica.com

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat 13 mense Saterdag in ʼn ongeluk op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap gesterf het.

“ʼn Bakkie vol passasiers het ʼn taxi op die N18 tussen Taung en Magogong getref,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het die middag tussen 15:00 en 16:00 plaasgevind.

“Die persone wat agterop die bakkie gesit het, is tydens die impak afgestamp,” het Tawana bygevoeg. “Vier liggame is uit die kanaal gehaal en die ander liggame het oor die toneel gelê.”

Hy het gesê 12 persone is op die toneel dood verklaar en ʼn 13de persoon is by die hospitaal oorlede.

Nooddienste moes ook van meganiese toerusting gebruik maak om passasiers uit die taxi te sny.

Altesaam 26 mense het die ongeluk oorleef, maar het kritieke beserings opgedoen. Hulle is na hospitale in Hartswater, Taung en Klerksdorp geneem vir verdere behandeling.

Die 59-jarige man wat die bakkie bestuur het, is in hegtenis geneem en word aangekla van strafbare manslag. Hy sal Maandag in die landdroshof in Hartswater verskyn.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ricardo Pieterse ·

Tragiese ongeluk, onse paaie is baie veilig indie Noord Kaap. Dis baie weinig dat die griesame ongelukke plaasvind. Die drywer moet net die waarheid verklaar indie hof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.