1,3 miljoen nuwe kiesers op lys

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 1,3 miljoen kiesers het tydens twee registrasienaweke hierdie jaar geregistreer om vir die eerste keer aan die munisipale verkiesings deel te neem.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag in ʼn verklaring gesê 1 384 254 nuwe kiesers is tydens die afgelope registrasienaweke by die kiesersrol gevoeg, terwyl 2 253 645 kiesers herregistreer het in ʼn verskillende verkiesingsdistrik. Altesaam 3 040 835 kiesers het herregistreer in dieselfde verkiesingdistrik.

Meer as 6,6 miljoen kiesers het dus kiesstasies tydens die twee registrasienaweke besoek, meer as dubbel soveel as tydens die munisipale verkiesing in 2011. “Die totale hoeveelheid geregistreerde kiesers op die kieserslys is 26 296 601, ongeveer 77% van die bevolking wat geregtig is om te stem,” het die OVK gesê.

“Die OVK is baie dankbaar dat ons jeug so positief gereageer het op ons beroep om te kom registreer. Byna 80% van die kiesers wat vir die eerste keer geregistreer het om te stem, is onder 30 jaar. Net meer as 52% van die nuwe kiesers is vroue en 47,46% is mans.”

Die OVK het gesê KwaZulu-Natal het weer eens die meeste registrasies gehad en meer as 1,1 miljoen besoeke is by dié provinsie se kiesstasies aangeteken. Gauteng was in die tweede plek met 696 252 registrasies en dan die Oos-Kaap met 512 655 registrasies.

Kiesers wat nie tydens die registrasienaweke geregistreer het nie, kan nog totdat die amptelike verkiesingdatum in die Staatskoerant gepubliseer en deur die tersaaklike minister aangekondig is, by hul naaste OVK-kantoor registreer deur slegs hul ID saam te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

david ras ·

Ek wonder net hoeveel is “onwettiges” wat met vervalste dokumente geregistreer het ?
Hoeveel van die 1.3 miljoen het in die WESKAAP geregistreer ? Ligloop DA, die ANC is al jare besig met die invoer van stemvee…….

Anoniem ·

Jaaaa jaa jaa ons registreer om te stem. Maar ai tog, dink net hoeveel vervalste stemme gaan bykom vir ons boeties. Ons het nie kat se kans teen vandag se regering en sy mense nie. Bedrieg, steel, moor, verkragting….is aan die orde van die dag en nie eers iets word omtrent dit gedoen nie. Ons word bedrieg om elke hoek en draai en solank ons nie saamstaan nie kan ons maar vergeet. Daar is te veel draadsitters onder ons!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.