13 sterf in gru-botsing

Argieffoto: @WCHEMS/Twitter

Dertien mense is dood en nog ses beseer in ʼn grusame botsing Saterdag in die vroeë oggendure op die R26 tussen Fouriesburg en Bethlehem in die Vrystaat.

Hilary Mophete, direkteur van kommunikasie vir die provinsiale departement van vervoer, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het net na 03:00 gebeur.

Volgens Mophete was twee minibustaxi’s vanaf Lesotho op pad deur Fouriesburg in die rigting van Bethlehem waar hulle later by die N3 sou aansluit. ʼn BMW was in die teenoorgestelde rigting uit Bethlehem op pad.

“Die BMW het die eerste minibustaxi aan die regterkant getref wat veroorsaak het dat die voertuig van die pad af gegaan het. Die BMW het daarna reg van voor teen die tweede minibustaxi gebots en dié minibus het met die impak aan die brand geslaan,” sê sy.

Die bestuurder van die BMW, een persoon in die eerste minibus en 11 mense in die tweede minibus het op die toneel gesterf. Mophete sê ses mense is beseer, van wie drie in ʼn ernstige toestand was. Al die beseerdes is na hospitale geneem.

Volgens Mophete is die oorledenes nog nie geïdentifiseer nie, maar daar word vermoed dat hulle Lesotho-burgers was.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Abe ·

Dis nie sommer n ongeluk nie. Hier moes iemand n groot fout gemaak het! Was dit die bestuurder van die BMW?

PaulV ·

Sjoe ja, dit is vreeslik. Die bestuurder van die BMW is oorlede en ‘n saak van strafbare mansslag word ondersoek. Dalk was albei taxi’s besig om ‘n voertuig verby te steek.

Abe ·

Paul V,
Mense verstaan nog nie: Al is al die betrokkenes dood in die ongeluk, word die saak ondersoek soos n kriminele saak en soms kan een van die oorledenes skuldig bevind word aan strafbare manslag. In hierdie geval is dit bv. moontlik dat die bestuurder van die BMW skuldig bevind kan word al is hy dood in die ongeluk. So’n skuldigbevinding word dan in die verslag genoem en dit kom ter sprake by die uitbetaling van versrkering ens. bv.

PaulV ·

Korreksie: Ek lees elders dat die [Gauteng] bestuurder van die BMW beheer oor sy voertuig verloor het. Hy het dalk aan die slaap geraak, aangesien die ongeluk drieuur vanoggend plaasgevind het.

PaulV ·

Baie dankie vir die inligting, Abe. Ek was nie bewus daarvan dat ‘n oorledene skuldig bevind kan word aan strafbare manslag nie. Soos ek al genoem het; ek het elders gelees dat die bestuurder van die BMW glo die ongeluk veroorsaak het.

Abe ·

Paul V,
Ek het ook verskeie rapporte gekry (kan nie se hoe betroubaar nie) dat die bestuurder van die BMW alleen in sy voertuig was en dat hy die ongeluk veroorsaak het. Ek kry die gevoel dat die dood van die ander mense daarom selfs nog treuriger is. Bly maar tragies.

PaulV ·

Ja, Abe, soos ek hierbo [en hieronder] genoem het; ek het ook elders gelees dat die bestuurder van die BMW die ongeluk veroorsaak het. Dit is absoluut verskriklik; die mense van Lesotho wat in die tweede taxi was, is glo onherkenbaar verbrand.

Ai afrikanertjie .. tiepies of is dit tipies ·

Wat se drank man?
Hou tog op om alewig sulke simpel aannames te maak.

Anne ·

Ken daardie pad baie goed. Mense is lief daarvoor om te jaag daar. En dis lekker donker in die aand daar. So kan net dink dat as dit die tipiese taxi is, is daar geen ordentlike ligte nie. En defenitief spoed. Onnodige lewensverlies oor simpel besluite. Die besluit te vinnig te ry, besluit om nie seker te maak dat voertuig 100% padwaardig is nie. Veilig wees op die pad mense! Dink vir die ander bestuurders ook!

PaulV ·

Ek sien nou op IOL dat die [Gauteng] bestuurder van die BMW beheer oor sy voertuig verloor het. Dit was 03:00 in die oggend; dalk het hy aan die slaap geraak.

IK ·

Moet ook nie op die hakke van ‘n ander voertuig ry, dalk staan jy ‘n kans om uit ‘n ongeluk te bly. Ek het al in die middel van die nag stilgehou en ‘n paar keer op en af in die pad gehardloop. Dit help ook, veral as jy alleen is, om soos ‘n mal ding te skree en te sing om van daardie padhipnose ontslae te raak. Beweeg ook jou oë in die oogkaste. Julle kan maar lag maar na meer as 58 jaar agter die stuur ongelukvry behoort ek ‘n idee te hê van wat aangaan.

Chris Ws ·

IK ek stem saam.Voertuie ry myle TE NA AAN MEKAAR teen ‘n spoed.Ek is self van agter ingejaag op ‘n grondpad toe ek wou regs indraai by ‘n plaas.Die stofwolk agter my van my eie voertuig het alle sig belemmer en die ander bestuurder het dood eenvoudig in die stof voet neer gehou en in ons vasgejaag.My vrou is permanent gestremd agv hiervan.
Ek stem ‘n mens moet stilhou as jou oe begin swem.Maar gelukkig ry ek GLADNIE na sononder of voor sonop nie.

Sonja ·

Die feit bly steeds dat 13 Families treur vandag, wat ook al die oorsaak mag wees van die ongeluk.

jakes ·

Ongelukke in SA eis meer as n duisend lewens per maand. Tel daarby die mense wat maandeliks sterf agv misdaad en die syfer is skrikwekkend. Elke dag in SA is n wonderwerk as jy lewend saans na jou huis kan terugkeer of soggens kan wakker word. Elke pad in SA het n doodsone geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.